Jy blaai in die argief vir 2010 Januarie.

by VozSola

Ek’s klaar verklaar.

Januarie 19, 2010 in Sonder kategorie

Ekke gaan seker môre weer hier lees en wonder – ‘Wat op aarde het my besiel om dit te skryf of selfs te dink?’ Miskien was Moeder maar nog al die jare reg…”Sê niks, my kind, dan is daar niks” Maar, meeste van die tyd het my bek en my pen nie brieke nie.

Niemand hier in Blogland ken my persoonlik nie en die mense wat my ken, ken nie my blognaam nie, dus is ek ook maar vir julle net ‘n vreemdeling wat tydelik hier kom squad het in ‘n ou woordehuisie van my eie

In die regte wêreld werk ek daagliks met tientalle – soms honderd vreemde mense. Meestal regte toeriste en kits-toeriste (van die Krokedil tot duskant die Vaal en Oranje rivier se mense) Dus is happiness, lag en baie gesels ‘n groot deel van my elke dag se bestaan. My kollegas dink ek is Moeder Theresa, Dr. Phil, Operah, Dr. Ruth, Emsie Schoeman, Jerry Springer en sommer net gewoon ek…

Ek kyk nooit die wêreld in die oë nie. Dit is gans te intimidating en uiters boring. Nee, ek staan meestal op my kop en bekyk die wêreld van onderaf na bo. Sodoende sien ek gewoonlik eerste die wortels (the roots of all evil) van enige situasie raak, selfs al dra daardie boom die mooiste appels…Ek is nou maar eenmaal so aanmekaar gesit. En, dis ok.

Soms raak ek mens-moeg en soek eerder stille woord-vriende op waar ek nie nodig het om my frons en smile spiere te oefen nie, of te pretend nie – Woorde het emosies, maar nie verwarrende body language nie. Dit is lekker. Skryf is soos Poker speel…al wen ek gewoonlik net die Joker. ;-( of  😉

Ja, ek kan nie spel nie, gebruik woorde anders en meestal verkeerd en vertaal gewoonlik direk vanaf Ingels – want dit is immers ons huistaal  – A la International. Van ‘n SA starter, Suid-Amerikaanse main course en ‘n International pudding!

Daar’s baie dinge wat ek kan doen en dink – maar’s daar twee dinge wat eke nie kan doen nie. Jok en huil – maak nie saak hoe desperaat ekke is nie. Een van die dinge wat my moermeter van die skaal af ruk is mense wat daai soutkrane vir alles en vir niks kan oopdraai nie! Iemand het vandag ‘n plassie gemaak omdat sy nie genoeg geslaap het nie. (totally self-inflicted) Die ander het ‘n visdam gevul omdat sy hoofpyn het, terwyl die ander een water aan George geskenk het omdat sy te veel gebel het en nie geld het om haar rekening te betaal nie.

En ek? Ek kan nie – vir jare al nie. Dit is nie omdat ek hard , ongevoelig en ‘n klip is nie. Nee, glad nie. Ek kan net nie huil nie.

Tot nou toe. Since my probleem ‘n naam gekry het, het ek alles probeer om sonder medikasie deur ‘n dag te kom. Gedurende my maand vakansie, was ek eksie perfeksie en gedink alles is nou verby. Laas week het ek effens gesukkel, maar vandag het ek 24 aanvalle getel. So asof all the forces of evil op een hoop saam met die middag verkeer ooste toe getrek het, 45 minute vir ‘n hele 4 km se vordering het ek amper moed opgegee. Ek moes nie deurdruk om kleinding betyds by die aftercare te gaan haal…

Uiteindelik tuis! …en ek kan nie meer nie. (nou al 29 aanvalle) en ek begin nou trane opvang en  te bêre tot dit soutkristalle word om my te herinner aan die aand waar ek vir die eerste keer moed verloor het.

Panic disorder het vanaand gewen.

(In my geval gebeur dit net, nie agv depressie, fobies of stress nie)

by VozSola

IN THE LONG RUN

Januarie 17, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Wegkruipertjie

 

Die son speel vanoggend wegkruipertjie. Gewapen met ‘n koffie en ‘n pen kom begroet ek die dag vanaf die stoep. Ek tel hulle, twee en twintig aan die kant van die huis. Ek ken net ‘n paar by die naam; bottlebrush, my Yellow lemon tree…oh, en die Yesterday, today en tomorrow, die twin-palms en die ses verdieping hoë doringboom. Die res is wel, onbekend by naam, maar wel bekend aan die bekruiptes en geveerdes wat dit hul tuiste noem.

Ek verlang.

Pretoria is my huis vir die afgelope twintig jaar al en hierdie woning vir die afgelope vyftien jaar – maar steeds sal dit nooit regtig my tuiste wees nie. Pretoria is nooit warm genoeg nie, dit reën kol-kol van enige kant af. Alles verg harde werk om alles aan die gang te hou. Die witgeraas word soms onuithoudbaar hard. Mense sug en die stadslug kom kleef in fyn lyne om en onder jou oë – dit word die merk van ‘n stads-gejaagde lewe na net nog ‘n voortbestaan. ‘n Spontane uitstappie eindig gewoonlik in ‘n shopping mall en ‘n hiking trip by Plantland, want die res van die natuur is te onveilig om alleen in te gaan wandel en daar waar dit wel veilig is, word jy ‘n kits-toeris en word vertrap deur die menigte ander tuiswonende toeriste net soos jy.

Sterre wat met die liggies moet meeding net soos die advertensie-belaaide-liggies self en die ware donker kom net as jy oë vir ‘n wyle moet sluit om ‘n nagrus tussen die geraas te probeer onderhandel.

The Power of One

 

Erens verlede jaar het ek “The power of one” deur Bryce Courtney, gelees. Buiten die feit dat dit ‘n briljante verhaal is, uitstekend nagevors is en  ongelooflik goed geskryf is (wonder of iemand hier weet of hy toe wel die opvolg verhaal geskryf het – ek kry nêrens inligting nie) – was die dorpie waar die hoofdeel waar die verhaal hom afspeel – my ware tuiste. Barberton.

 

Ek was ‘n stille karakter in daardie boek, nie net ‘n leser nie. Ek het elke kloof, elke alwyn en koppie geken. Elke grot, tonnel en gat. Elke klip en elke rigting.

(Vir die wat nog gelees het nie, moenie net daar sit en wonder, gaan kry dit. Jy sal nie spyt wees nie – daar is verborge lesse en geheime tussen die lyne opgesluit wat die Vatican nog nie ge-release het aan die res van die wêreld om ook sulke waarhede te kan geniet nie)

Om alleen te wees is nie eensaamheid nie. (Eensaamheid is om met jouself alleen te voel) Ek het in ‘n alleen wêreld grootgeword. Vriende was daar baie, maar net tot die skoolklok aan die einde van die dag gelui het. Dan het die alleenwêreld vir my gelê en wag. Rustig soos die groen berg tot by die blou-pers berge in die vertes.

My skooltas vir my rugsak verruil. Daarin was altyd ‘n storieboek, my pen en boeke, flits, toue, mes, beker, waterbottle, eetgoed, pleisters en rolle verbande (wat soms beter toue gemaak het as ‘n tou self) ‘n Briefie word altyd agtergelaat wat sê: Ek is;

Tonnel toe, Creek toe, Hilltop toe ens… Dan het ek die pad berge toe gevat. By my beplande bestemming, het ek my tuisgemaak en die wêreld bekyk, gelees, gedroom, gedink en ek kon die mooiste foto’s met my gedagtes neem. Ek kon nie teken nie, maar dit wat ek gesien het, het ek in in woorde geteken en ingekleur. Boeke vol, wat in my rugsak gebly het.

Ek het plekkies in die klowe gesien wat net heilig genoeg was vir God en sy engele om alleen daar te mag wandel. Ek het die wegkruipplek van die elusive wit hings agter die kloof gevind. Bokse vol minatuur goudsmelt potjies, botteljies, ou goudpanne, ‘n skaaltjie, sigaarboksies en menige ander dinge wat ek keer op keer by die museum gaan afgee het. (met die belofte aan myself om nooit te weergee presies waar ek dit gevind het nie)

Eendag op een van die min tye waar ek wel iemand saamgenooi het na my wonder wêreld, het die vier van ons na ‘n gat gegaan wat ek ‘n week of wat tevore gesien het. Ons het ons toue geanker en die twee en half meter afgesak, binne ‘n ondergrondse rivier in. Nee, nie net ‘n grot met water nie, maar ‘n sterkvloeiende rivier. Dit is hier waar ek my rugsak en jare se woorde-prentjie boeke verloor het. Dankbaar terug na bo het ons besluit om dinge beter te beplan en die volgende week terug te gaan… om die gat ondeurdringbaar verseël te vind.

Naweke en oornag hiking het ekke darem nie alleen aangedurf nie. Fanie Botha was ‘n week waaraan ek steeds dink. Die ‘unofficial’ landloop oefen trail wat ek met soveel sorg uitgelê het, 5 km waarvan min die eindpunt van glyklippe in die stroom kon bereik. Dan was daar die kransklim tussen Watervalboven en Onder, die oornag uitkamp in die dennewoude duskant Sabie. Die somer plesiere by 14 strome en die lang kuiers by die forest dam.

Maar daar was ook dinge wat pla, wat nie meer aan ons siende wêreld behoort nie. Die dogtertjie by Belhaven, Die ou kerkhuis waar die duiwel en sy hanslangers die lewe vir ons moeilik gemaak het en ons noodgedwonge moes trek. (die huis is 3jaar gelede gesloop?) Die hoekhuis waar die ‘stadige’ kind in ‘n basement gebly het. Die ou plaashuis op die grens van die dorp waar ons vir jare rustig saam met ‘n ongesiende familie van drie gedeel het.

Dit was my tuiste – dit is waar ek mens geword, dit is waar ek myself geword het… toe trek ek weg – net om my bestaan hier in die stad te moet kom maak, om voor te bestaan terwyl ek deel van myself moes agter laat.

‘n Tuiskoms se rigting lê nou vergete.

 

In die begin jare het ek eenmaal ‘n maand terug gegaan. Mettertyd soos die lewe verander het en ek my eie gesin en nuwe lewe begin het, het die tuiskom dae al hoe meer uitgerek en minder geword. Ek was ‘n jaar laas daar. My ouers se kersgeskenke is toegedraai en wag om ingepak te word vir ‘n vinnige naweek kuier.

Oor die laaste paar jare se kuiers het dinge verander en ander het dieselfde gebly. Die museum het verskuif na die plek waar ons Barn-danse gehou het en rollerskating kompetisies. Die ou winkels is nog maar dieselfde, al het van die name verander. Drie oorspronklike plekkies is steeds daar sekerlik hier by die 30 jaar al, Coco-pan, Eksteen se apteek en die Portugese kafee met die lekkerste peri-peri slap chips.

Die hoofstraat se pavement is nog presies dieselfde en ek weet presies waar die ongelyke blokkies is (telke male nerf-af grond gekoop met rollerskates)

Die berg is nog steeds die berg en die klip nog steeds die klip. Die asbes kabelkarretjies het lankal opgehou om oor die berg na Swaziland te trek – deur die jare het die kabel menige ontsnapte gevangene se lewe ge-eis – Net te hoog om te spring en net te warm om te oorleef.

Die reën het onvoorspelbaar geword – lank nie meer die donker-blou wolke wat oor Devil’s knuckles by Badplaas se berge aangewaai kom as waarskuwing om liewers nie die braaivleis vure vanmiddag aan te steek nie. Nie meer die mis van die ooste oor die berg wat ‘n dag se koue voorspel nie, Nee, die berg word nou elke oggend in ‘n wolk omhul en die reën bekruip jou van die creek se kant af so asof dit rigting verloor het.

Warm is dit ook nie meer warm nie en die Mozambique se seelug dra nie meer die vogtigheid so ver nie. Dis droog en reën is nou net ‘n hoëveldse klug van kortdurende verligting.

Die Gautengers se hang gliders is intussen vir para-gliders verruil en wat oor die jare so tien op ‘n dag was, het soos my Pa nou die dag getel het, tot vyftig op een slag in die lug.

Huise word Gastehuise en die een Hotel bly ge-jinx deur aunty Cockney Lizz wat blykbaar nie vooruitgang steun nie.

En, en skieklik het ek rigtingloos deur die dorp begin wandel. Beloftes van verlore skatte het soos mis verdwyn. Kennis van wat waar is en wat waar geleë is, is soos ‘n magneet teen die kompas van my herinneringe gedruk en die aanwysers is uitgewis.

‘n Tyd gelede het ek gedroom. Ek het op die dorp se rugbyveld gestaan en deur die pale na die berg gekyk. Ek het presies gesien waar ek moes gaan en waar ek dit sal vind. Dat my klipman-vriend my sal kom help want hy sal weet waar om te soek, sal die klippe en merkers kan uitken, as teken dat ons die plek bereik het. Dit is so ooglopend, maar steeds sien niemand dit raak nie.

Vanoggend het dit vir my duidelik geword. Ek dink ek verstaan nou (alhoewel ek ‘n jaar of twee sal moet wag tot die vriend nou in Oz-land kan kom kuier sodat ons die skat kan gaan uitgrawe) Verstaan ek dat die grootste skat reeds gevind is.

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Hoe jou lewe verander het nie, daar sal altyd iets wees om jou te herinner aan wie jy is en waar jy vandaan kom een waar jy uiteindelik hoort.

Môre gaan ekke ‘n alwyn plant en ‘n daizy koop.

by VozSola

@#$!%@#%!!!!

Januarie 15, 2010 in Sonder kategorie

Waarskuwing; inhoud hier verskaf kan lei tot SVL18/21 en Kanaal 255-reeks programme….

Daar’s goeters en daar’s anderste soort van goeters, en hul is nou maar eenmaal nie dieselfde nie. Jy kan nou maar net nie ‘n square inni ronde gat indruk nie. Maar, een ding is ge-guaranteed – probeer, die sal iemand wel! (ok, meeste sal in elkgeval meer as twee keer probeer)

Net soos die kinders of kleinkinders se speelgoed, daar sal altyd iemand wees wat dit uitmekaar wil haal om te sien hoe ‘n eenvoudige toutjie wraggies waar daai jo-jo kan laat doggie-walk…net om nooit weer die hondjie aan die leiband te kry nie, en noodgedwonge nog ‘n jo-jo of twee moet gaan koop vir die een wat Pa of Oupa gebreek het.

Kyk, ek weet daar is sekerlik heelwat mans wat my gaan bedank vir die goeie raad wat tussen die lyne verskuil is…

Maar, my punt van bespreeking is MANS.

Ja, hulle is goed met goeters, maar hoekom, hoekom vra ek met trane in my oge, moes ek vroeg vannaand by die huis kom, en BRAND ruik toe ek die grarage deur oopmaak. Rookbolle by die agterdeur en ek voel hoe twee decades in die toekoms se menopause my dwars trek! Ek vlieg die huis in, hubby lê oppi couch met sy vinger op die tv-gear-stok en gaap my aan so asof ek ‘n Wednesday-Steer-special is.

WTF? Vra ek? (Ja- ek het ‘n manier om saggies te praat as ek panic) O seg hy, hy’t toast gemaak. Wat, Toast…like in jy put the bread, push the lever and then the bread jumps up, well browned…Fokken automatically?! Duh!

Nee, die brood het vasgesit? Ok, wawwerse brood? Piadini! FFF!!! Hoe die moer sit jy Piadini in ‘n toaster? Nee, ingemoer, ingestamp en vasgesit! Sy Koolstof-print in my toaster ingebrand!

Nee kyk, Ek het verlede jaar juiste my household insurance ge-up. Hy stryk en los die yster aan virri hele dag (gewoonlik op die dae waarop ek laat werk), hy los die wasbak se kraan oop as hy tanne borsel… Hy sit die wasgoed in die wasmasjien en skakel dit aan, sonder seep…of was dit wel met seep, en vergeet daarvan, as hy wel onthou, kan hy nie onthou of hy dit wel met seep gewas het nie, dan eindig hy gewoon by die derde siklus…by wyse van logiese elemineering, sal een van daai wel rskoon was… Hy het two-minute noodles laat brand en moes die kastrol weggooi…want hy het aan die slaap geraak…ghhhghhh…soos dis TWO-Minute noodles – nuwe record vir vreeslik vinnig slaap! (ek sou sceme dis eerder – Vergeet), ek word Dinsdag oggend soos gewoom om 04h30 wakker en die huis voel heerlik koel…net om die agterdeur en die stoepdeur waaaa-wyd oop te kry, met sleutels en al! ens. Ens. Ens.

Dit verg nogal ‘n wakker oog en oor om toesig oor sulke groot volwasse kinders te hou. By tye is dit nogal uitputtend en emosioneel uitmergelend om inni middle van die nag wakker te skrik, net om seker te gaan maak, die strykyster is afgeskakel, die stoof/oond is afgeskakel, krane loop nie en deure is gesluit en dat hy nog wel asem haal…

Ai, wil iemand tog nie asb, met alles, van kosverpakkings, tot alles anders, instruksies in prentjie-vorm plaas nie, vir die mans natuurlik…en vir ons vrouens? Vir ons,  kan iemand tog nie maar daai – Man-Manual publish nie…ons wil ook verstaan hoe hulle koppe werk!

Ek sal my blog-bladsy vol kan skryf…maar punt is, is alle mans so, of is ek alweer net moerse donners gelukkig?

by VozSola

Die som-totaal is dus?

Januarie 15, 2010 in Sonder kategorie

My syferaanleg bestaan uit “die begin van die maand tot ’n week voor die einde van die maand” My balansstaat:

Rooi                 – Assets

Rooier             – Liabilities

Mooiste Rooi   – Balans

Ek kon nog nooit die wiskundige equations verstaan van:

(-) plus (+) = (-)

(-) plus (-) = (+)

(+) plus (+) = (+)

Die Pro en Con lysies is ook nie ’n doeltreffende besluitnemer nie.

As SA wemel van crime en corruption en lack of services (-) het (plus) ons het die belofte van die manna wat oor ons land gaan val gedurende SWC (+) hoekom verklaar (=) die mense wat weet dat SA gefok is (-)

As ZIM geen ekonomie (-) het nie (plus) nog minder produksie, voedsel, vooruitgang ens. (-) het nie,

Is dit omdat die helfde van die wêreld nog steeds vir Uncle Bob steun (=) Support (+)

Alhoewel, Geloof (+) en (plus) Hoop (+) gewoonlik (=) Liefde (+) meebring.

by VozSola

Junk mail (1)

Januarie 14, 2010 in Sonder kategorie

Daai kom-ons-stuur-‘n-epos-aan…e-mails irriteer my grensloos…

maar, soos ons nou maar mos is, druk jy ook maar forward…

hier’s een van daai:

  • IF YOU CROSS THE NORTH KOREAN BORDER ILLEGALLY YOU GET 12 YEARS HARD LABOR.
  • IF YOU CROSS THE IRANIAN BORDER ILLEGALLY YOU ARE DETAINED INDEFINITELY.
  • IF YOU CROSS THE AFGHAN BORDER ILLEGALLY, YOU GET SHOT.
  • IF YOU CROSS THE SAUDI ARABIAN BORDER ILLEGALLY YOU WILL BE JAILED.
  • IF YOU CROSS THE CHINESE BORDER ILLEGALLY YOU MAY NEVER BE HEARD FROM AGAIN.
  • IF YOU CROSS THE VENEZUELAN BORDER ILLEGALLY YOU WILL BE BRANDED A SPY AND YOUR FATE WILL BE SEALED.
  • IF YOU CROSS THE CUBAN BORDER ILLEGALLY YOU WILL BE THROWN INTO POLITICAL PRISON TO ROT.
  • IF YOU CROSS THE SOUTH AFRICAN BORDER ILLEGALLY YOU GET A  JOB, A DRIVERS  LICENSE, PENSION  CARD, WELFARE, CREDIT CARDS, SUBSIDIZED RENT OR A LOAN  TO BUY A HOUSE, FREE  EDUCATION AND  FREE  HEALTH CARE. PERKS INCLUDE WEAPONS OF YOUR  CHOICE.   AND  IN SOUTH  AFRICA YOU CAN MURDER,USE DRUGS,DRINK AND DRIVE,STEAL,RAPE [only one rape in nine is reported!]
  •  
  • BUT PLEASE SOUTH AFRICANS  
  • DON’T SMOKE IN PUBLIC IT IS ILLEGAL.

by VozSola

1,000,000 gebede, s’blief.

Januarie 13, 2010 in Sonder kategorie

Vanoggend het ekke “Sshhh” geblog… en my een reply aan Ouboet was…”Stilte voor die storm”

en wat ‘n voorbode was dit nie…

http://www.news24.com/Content/Galleries/Image/Images/World/Earthquake%20rocks%20Haiti

by VozSola

Ssshhhh…

Januarie 13, 2010 in Sonder kategorie

by VozSola

Ekke gaan Graad 6 toe.

Januarie 12, 2010 in Sonder kategorie

Nou ja, alles is reg. Net kouse en skoene gekoop, want laas jaar se klere pas nog en vakansie-kos was cholesterol vry.

Ek hoor so tussen die lyne deur dat skryfbehoeftes, boeke oortrek en dies meer, ‘n nagmerrie kan wees (en krediet-waardig)…nou wonder ek of ek moet dankbaar wees, want;

–         Ons trek nie boeke oor nie (hulle verskaf harde plastiek omslae)

–         Ons koop nie boeke nie.

–         Ons koop nie skryfbehoeftes nie, nie eers ‘n potlood nie. Jip, nada.

–         (alhoewel die skool alles verskaf is natuurlik by die skoolfondse bereken.)

Maar, terug skool toe is dus vir my ‘n baie groot plesier!

Is daar enige van julle wat so lekker die skooljaar kan begin?

by VozSola

Grou of messel?

Januarie 12, 2010 in Sonder kategorie

Die rustigheid kleef aan jou siel en die stilte klop hard aan jou deur. Die gras is lank en plek-plek ongesny, maar die brandende hitte, word deur die lang skadu’s van die Syprus’s verbreek. Hier lê die klip soos die skadu’s almal op ’n ry – een ry na die ander…in hulle eie eenrigtingstraat na die anderkant. Witskrif teen donker graniet. ’n Lewe word doelbewus so ingeëts, oor wie dit was. Stukkende blompot skerwes, ander weer nuut opgevul in helder kleure – verfraai, sommige slegs opgevul met stof – vergete.

Aan oorkant blink ’n dowwe muur, getooi in goud of silver. ’n Lewe ingrafeer teen ‘n muur – blink gevryf. Dis al, bloot blink gevryf. Koud en onmenslik in kleinlikheid gevul.

Ek weet nie. Hoe besluit mens?

Grou of Messel?

Maar selfs dit sal tot stof vergaan…maak dit dan regtig saak?

by VozSola

Regrets – Vir Ouboet

Januarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Ouboet het my vanoggend woordeliks geraps oor die ‘easy way out” , so ek moes die moeilike weg aanpak…

Regrets

Hoe sal jy berouende spyt betreur

deur ongesegde woorde,

’n daad onvoltooid,

‘n miskraam-gedagte?

Brand die wierook dan

ongesiens,

die rook trek

die oorsprong verklap…

Spyt kom te laat vir

die wat weet

en

nooit

vir die wat sonder

insig,

alles

siende blind

besig…

Stomme woorde

en

ek wonder

of het jy die hardste gelag

of net die beker

sagkuns

verby laat gaan?

© SueEè