by

Laat staan sulke dinge, laat staan!

Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek wou eers bietjie galghumor hier geplaas het, maar het besef ek gaan die tou lelik misplaas. Ek het dus besluit om eerder “walk the line” approach te probeer en hopelik om nie van die “tight rope” af te val nie.

Soos ek die koerante, blogs, briewe lees en na die mense om my te luister, het ek tot die besef gekom dat die samelewing die seisoenale interne bioritmes van die lewe misplaas het. Die eb en vloei se ritmes is versteur. Die berge wat ons moet klim, deesdae net ’n eenrigting straat is en die berge word net hoër, min bereik nog die piek om die sterre te pluk.

Selfs met die hernuwe menslike piramiede van oplewing om weereens te probeer om God nader te bring, voel dit steeds asof Hy te buite bereik is – alomvergeetend dat Hy binne jou woon… Soek ons Hom steeds in dit wat ons kan sien en droom steeds dat Hy elders is en soms vergete.

Totdat die aarde grom en die riviere bruis en die wolke hul self leeg huil. Dan vra ons weer en weer en weer “Waar is my God dan?” Soos die aarde skuif en die bogrond wegspoel, so ook bewe ons stewige menslike en geestelike fondasie – soms kraak die mure, soms tuimel alles in mekaar – Maar ons kan dan oor begin! Is dit nie juis die seën te midde die ongeluk nie? Nie almal kry ’n kans op ’n skoon begin nie. Die meeste ploeter doelloos deur lewe, een dag soos die ander, een fout na die ander en vra vergeefs om vergifnis en oor begin.

Daar is soveel meer uitsonderings en afsonderings as in die eenvoudige verlede. Die eens ingebore waarde-stelsel is tot niet. Alles het oornag tot “Alles is reg en Alles is verkeerd” verander. Geen meer onderskeid tussen reg en verkeerd nie. Ons loop almal grootkop rond met ’n houding  van “Ek is reg en jy weg!”

Wonder bo wonder hark ons steeds ’n “normale” lewe bymekaar – Word groot, word slim, trou, kinders en word wys, en hoop dat iemand na ons sal omsien as die oudag nader kruip.

Omdat ons nie meer weet wat reg en verkeerd is nie, ook wat “normaal” is nie, ploeg on maar eerder ander mense se hart-lande om. Stry oor politiek, Godsdiens, huwelike, seks en stress!

Steeds word diep denkers as donker-drink-eerder-’’n-pil mense gesien en die lighartige intellektuele gestremdes word as normaal aanvaar. Society stel ’n keuse aan jou – “Stay with the flock or become an outcast, and outcasts will remain banished from the flock forever” (Jonathan L. Seagull)

Skielik word happy mense minder en seerkry mense meer. Tussen deur dwaal die res met maskers deur die lewe. Hoe competitive het die lewe nie geword nie? Selfs happy mense baklei oor wie meer glimlag net soos die sad mense brag oor wie meer huil?

Hierdie sielsieke oneenigheid is besig om mense, lande en nasies te verraai.

Intussen staan ons soms verwondered – lank genoeg stil om te sien dat elke derde of vierde persoon se beeld ’n refleksie van jou eie is… Dit is dan wanneer jy ook dalk soos ek hier sit en wonder – oor die wonder.

5 antwoorde op Laat staan sulke dinge, laat staan!

  1. sjoe beter kon jy dit nie beskrywe
    en wonder ek ook oor die wonder

  2. VozSola het gesê op Januarie 28, 2010

    Mother, did it need to be so high?

  3. VozSola het gesê op Januarie 28, 2010

    Dankie, ekke het begin dink ek wonder alleen

  4. Puik Puik Puik !!!

  5. AntOos het gesê op Februarie 1, 2010

    Trippel F!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.