by

Waai windjie waai…

Januarie 26, 2010 in Sonder kategorie

…hierdie mense in hul m..r in!

Watter soort van mense put genot daaruit om swak grappe te vertel oor ’n ander se tragedie? …”Sjoe, sukkel ek om hulle te kontak, ek dink hulle phones is op vibrate…sal maar wag tot die stof gaan lê…” ens. Ek vind dit in uiters swak smaak…veral as jy mense of kennise het wat mense daar verloor het. Die wêreld is nie so klein as wat mens dink nie.

Waai windjie waai…

Watter soort van manlike-mense-monsters doen aan ’n vrou wat daai twee aan daardie jong vrou in Bloem gedoen het? Vir wat, 7 minute van genot? Dit was nie genoeg nie. Hulle sieklike sadistiese aanranding en verkragting behoort slegs aan die duiwel alleen. Tyd dat mense moet begin besef watter soort van kragte en onsienlike magte in Afrika aan’t werk is! Kragte wat ons nie kan verstaan nie. Die universiële fight tussen good en evil en die mens staan in die middel.

Waai windjie waai…

Watter soort van journalism voel dat sensational snert veral teen betaling (hetsy die bron, die kopers en ons as lesers)

van kardinale belang is om die intellectual drang na kennis in ons samelewing te voed? Maak nog ’n Wonder-child op sy lysie my lewe ryker? Maak ’n nog ’n gospel-spook-tune my gelukkig? Maak wat ook al die Jurie besluit die lewe vir my regverdig? Maak nog ’n celeb se klere en vere van my ’n celeb-queen?

Waai windjie waai…

Watter soort van consumer-regte laat die consumer ’n jaar wag vir ’n geboorte naam en nommer? Verswakte dienslewering is nog hanteerbaar…maar swak, “I just work here” attitude daarmee saam? Kaalgat-movie advertensies gedurende kinderprogramme en nog beter, selfs met parental guidance protection? 

Waai windjie waai… 

Watter soort van Christene baklei met Christene oor God? Om weer en weer nog ’n kerk-God-mens debat te moet raaklees? Nog ’n kerklike afstigting terwyl die bling-bling-creditcard en tv kerke se klokke net harder en harder lui?

Waai windjie waai…

Watter soort van mens maak hom handing met mishandeling teenoor vrouens en kinders? Watter soort van moeder laat haar kind in ’n burner of asblik agter?  Watter soort van mens laat ’n dier ly? Watter soort van mens gee nie om nie? Waai windjie waai…

…en stuur vir hierdie mense ’n spieël…

11 antwoorde op Waai windjie waai…

  1. Caduti het gesê op Januarie 26, 2010

    Excellent gestel, ek kon dit nie beter sê nie!

  2. zephur het gesê op Januarie 26, 2010

    Donker sak ons toe…waai windjie waai.

  3. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    mmm…staan hulle nie ‘n bietjie te vêr oorkant die lighter shade of pale nie?

  4. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    Soms try ekke die ‘some day’s are diamonds, some day’s are gold” approach…

  5. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    net as dit reën in Pta.

  6. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    ekke stuur die Suid-Ooster vir skoon weg-waai!

  7. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    Sjoe, dankie!

  8. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    ‘n kniebuig dankie aan jou.

  9. VozSola het gesê op Januarie 26, 2010

    3 little birds!

  10. Trakie het gesê op Januarie 27, 2010

    Kolskoot.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.