by

Emotional detoxification

Desember 14, 2009 in Sonder kategorie

Bied ‘n emosionele detoks dalk die antwoord tot ‘n beter gebalanseerde lewe? Tyd om dinge óf te aanvaar óf te laat vaar.

Elke persoon gaan deur die up’s and down’s van ‘n struweling tot daaglikse voortbestaan. Aardse dinge kom en gaan. Geld kom en gaan. Vriende kom en gaan. Steeds kan mens daarmee of daarsonder lewe. Maar die emosionele aangeplakte plaak van die lewe, is wel, seker heelwat anders.

Jou emosionele welvaart is tog op die ou einde juis die engine wat jou werktuig aan die gang hou. Mens kan jouself siek dink en ook gesond dink. Hoekom gee die mensdom dan soveel meer aandag aan die uiterlike, hoe goed jy moet lyk (om gesond te wees) hoeveel per week jy in die Gym spandeer om goed te lyk en beter oor jouself te moet voel. Buite word die mensdom blinkgevryf en onder daardie laag lê elkeen se emosionele gemoed dik in die kompos van wanhoop, hartseer, verlies, eensaamheid, onaanvaarbaarheid en mishandeling is al sy vele vorms.

Hoekom is dit altyd in die nadraai van ‘n jaar waar depressie en wanhoop hoogty vier. Wanneer selfmoord ‘n redding word. Juis in hierdie tyd wanneer familie en vriende weer opvang en kwaliteit tyd aan mekaar beskikbaar stel.

Wanneer gaan die slim mense ‘n emosionele detoks-program ontwerp vir die allerdaagse mens om van ou-geraamtes en skaamtes ontslae te raak? Om jou gemoed skoon te maak en weer van vooraf te kan begin.

Ek verwys nie hiermee na die gewone jaar-einde-stock-take-of-reality nie. Daar waar mens skuldig voel en gou-gou ‘n kaartjie in die pos gooi of gou daai oproep maak nie. Ek praat nie hier spoed oplossings om jou gemoed te sus nie. Ek praat hier van opgehoopte onafgehandelde emosionele bande. Vergifnis op die ou einde van die dag behoort die grootste deel van hierdie behandeling uit te maak, maar soos meeste seker weet, kan die druk om vergifnis te gee of te aanvaar, juis die element wees wat dit soos plaak in jou gemoed laat vassit.

Ek weet nie, miskien weet jy?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.