by

As jy die wind van voor kry, draai eenvoudig om.

Desember 8, 2009 in Sonder kategorie

Ok, so gister het ek ’n klomp depressing tjol gegriffel…totdat een van my vriende my vanoggend bel en vra wat gaan aan. Probleem…net twee mense wat my persoonlik ken, weet van my blog. Nie eers my man en kind nie, hulle verstaan in elkgeval nie ’n woord Afrikaans nie… so ekke was effens uit die veld geslaan.

Nou wonder ek, Hoe veilig is jou blog skuiling dan, as jy nie gevind wil word nie? Toe ek uitvra oor hoe ek gevind is, het gister se inskrywing my blykbaar weggegee, (so ek het dit sommer nou verwyder) en ook my gereelde woord/taal gebruik (praat nes ekke skryf behalwe as ekke nie die woord kan spel nie, gooi ek hom in Ingels.) Dus…moet ek nou my blog met ’n voor en agterdeur equip, as die een oopgaan sal ek by die ander een moet uit.

Is daar dan nêrens waar mens in vrede kan wegkruip en vir ’n oomblik jouself kan wees met jou eie denke en dinge nie, sonder om pretensieus? (spelling) te wees, omdat jy gewoonlik dinge moet sê en dink om ander tevrede te stel, of selfs om die vrede te bewaar? Is ’n blog nie maar tog die naaste wat mens aan jouself kan kom nie? Of dalk juis om te wees wie jy graag sou wou wees?

Soos iemand nou-die-dag genoem het…”al haar opregte vriende bly binne haar monitor.”

Wat dink julle?

6 antwoorde op As jy die wind van voor kry, draai eenvoudig om.

  1. Nog nooit so daaraan gedink nie … bottom line .. moenie kak praat van iemand nie … mens weet nooit wie lees nie.

  2. My vriende weet van my blog!Ek weet nie altyd hoeveel van hulle dit lees nie! Maar ek se altyd as hulle regtig wil weet hoe dit met my gaan moet hulle my blog lees, juis omdat ek eerlik kan wees daar! Ek vertrou hulle!

  3. VozSola het gesê op Desember 8, 2009

    Ja-nee, skryfstyl is so eie aan ‘n persoon soos ‘êk” is vir ‘n Kaapenaar…

  4. VozSola het gesê op Desember 8, 2009

    Jip, ek is ook gans te eerlik op my blog…miskien moet ekke ‘n lekker-lieg-storie opdis…

  5. VozSola het gesê op Desember 8, 2009

    mmm…mens kan sleg praat van ander nie, die koerante eggo dit reeds en die res is al reeds lankal inni kak.

  6. VozSola het gesê op Desember 8, 2009

    Ja, maar woorde het juiste ‘n repetasie om ontydig hul comebacks te maak…Anything you say, can and will be used against you…
    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.