by

Bloggerasie irretasie

Desember 1, 2009 in Sonder kategorie

Ek staan soms verstom voor die wat hul blog as ‘n online journal gebruik…As ek dit moet begin doen sal ek seker meer pay kry as ‘n subject vir navorsing as wat ek in my elf uur per dag voltydse werk verdien. (onthou asb. hierdie idée) Mmm soos… ek het nou net pizza en coke gehad (amazing dat coke en pizza sulke perfect partners maak, net soos koffie en chocolates en oooohhh ja, Grilled steak en Avo! – dames, neem notice…steak en avo doen dinge wat ander dinge nie uit ‘n pille-boksie kan doen nie…)

Maar soos die maand ten einde loop en jy al verby die leë rolletjie kyk en klaar die serviettes opgebruik het en nou die boksie tissues moet nader trek, dan moet jy weet, dalk het jy letterlik jou g-t gesien! Net so is hierdie jaar besig om ons in te haal.

Ironies dat die lewe ook maar presies seker so sy gang moet gaan…’n daaglikse lewe gebalanseerd tussen toiletpapier en tissues…Die eendag k-k jy en die ander huil jy, maar min dae tussen in waar jy rustig jou mond kan afvee en sug van smaaklike verligting van ‘n heerlike lewensdis wat jy nou net geniet het…Dit is hoe die lewe is – ironies is dit nie?

As ek vandag my blog se online journal moes gebruik sou dit verseker bogenoemde begin en einde gewees het…tussen in moet ek nog êrens ‘n resep uit hierdie dag wurg om tog ook vanaand ‘n lewensdis op die offertafel te kan lê. Op hierdie oomblik is die spens leeg en oorblywende bestandele bederf.

Jip.

2 antwoorde op Bloggerasie irretasie

  1. By my plek braak ek gal, huil ek en lag ek en is ek sommer soms verspot en simpel, maar dis maar my ‘gesond-word’ (hoop ek) plek! Al die ander se plekke is waar ek weer leer lag het, weer leer anders kyk het na dinge om my, waar ek tog gesien het, daar is nog mense wat omgee, al ken hulle jou nie!

  2. zephur het gesê op Desember 2, 2009

    Ja die lewe het sy op en af…die balans is iewers tussenin.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.