Profile photo of VozSola

by

Ongepoetste humor (WARNING! Erg on-patrioties)

November 30, 2009 in Sonder kategorie

Hoekom kan ons nie maar net die verlede bêre waar dit hoort nie.  Hel, nie almal waardeer die krimpelene? rokkies en hoogwater broeke nie. Oooohhh en daai paisley-printed harde gordyne! Cross-your-heart bra’s lyk toe nie so seductive as wat hulle gedink het nie!!! Ook nie die “Perdy” hairstail van daai auntie van die Sonskyn Kafee nie, en ook nie Mev Dominee s’n nie, en ook nie Tant Griet se blou en groen eye-shadow nie!

Maar, ok, dit was toe…en vandag kry ek Leserskring se Xmas se geskenk idees boekie…Ooohie…ek kan nie aan een mens dink (en ek het ’n groote wreede konserwatiewe familie) vir wie ek die Afrikana Tradisionele Liedjies kan voor koop nie…Tussen ‘ai, meisie-meisie en O die liewe Matatjie… en My hartjie, my liefie net tot voor ‘vaarwel my soetedief’…en ek sal al op my tweede dosis Prozac wees.

Ok, ok, ons het baie van daai liedere op Landsdiens kampe gesing en dit was fun…maar dit is nou verby. Ek kan nog miskien dit oorsien…maar liefdes en seks stories in Afrikaans…daai een kan ek nie verstaan! Wie lees sulke goed? “Seisoen van ons liefde…” Waar liefde vonkel”, “Katryn van die klipdassies?” ‘Dokter van Harte”? Miskien is dit omdat ek nog nooit in Afrikaans gevry het dat ek nie dit kan verstaan nie? Dit klink eerder na super-sopperig-stories?

Skuus ek trap op tone…tot iemand my verkeerd kan bewys…

4 antwoorde op Ongepoetste humor (WARNING! Erg on-patrioties)

  1. sal maar nie kommentaar gee nie,lekker dag vir jou

  2. Baie ou tannies lees die hygboekies, dis sagter op die gewete.

  3. Puik!

  4. Daar is baie eensames daar buite, ook onder afrikaanse geledere, luister maar na ons populerste musiek…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.