Profile photo of VozSola

by

Bekende vreemdelinge.

November 25, 2009 in Sonder kategorie

Presies om 05h50 word die twee kinders by die buitekraan agter die winkelsentrum gewas. Hulle is by skatting so drie en vyf jaar oud. Die seuntjie die jongste. Hulle bly saam met drie vrouens en sowat agt mans onder ’’n motor afdak by die winkels. Die Moeder met die kinders is al verwyder na ’n veilige-hawe, maar keer telkens terug. Die volwassenes drink elke aand ’n bottel of drie ‘crackling wyn’ en  teen 18h15 saans is die twee kinders al in die ‘bed’ Dieselfde roetine elke dag… Hulle is bekende vreemdelinge vir my. (2 jaar al – elke weeksdag)

Elke dag om 06h10 gaan stap die man met sy hond. Hy is ’n  uiterse goeie tydhouer…as ek nie  by dieselfde plek by hom verby ry nie, is ek of te vroeg of te laat vir werk. Hy is ’n bekende vreemdeling vir my. (5 jaar al – elke weeksdag)

Elke dag om 17h45 gaan stap die ou oom met sy twee doberman’s. Dieselfde plek, dieselfde tyd as die ou oom op sy rooi fiets (ek’s effens hartseer oor die bicycle oom, want ek het hom nog nie hierdie maand gesien nie)

As ek vroeg kan huis toe gaan sien ek haar  by hoek van  Mckenzie/Brooklyn strate…as ek moet gewone tyd huis toe gaan, sien ek haar by Kerk/Duncan Strate…om 17h55, maar meestal sien ek haar by ‘ex-Maloneys’’ raak…(1 jaar al – elke weeksdag)

Ek dink selfs hierdie bloggerasie-gemeenskap van ons,  kan ons ook as Bekende vreemdelinge vir mekaar word?

I’m not the only creature of habit!

2 antwoorde op Bekende vreemdelinge.

  1. Puik VZ … Puik!

    ps – jy beskryf die strate naby my woonplek …

  2. VozSola het gesê op November 26, 2009

    thanks…
    ps2. strate net naby genoeg as hulle Dinsdag aand presies om 20h00 jou rubbish kom haal het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.