Profile photo of VozSola

by

Rubbish en Robberies

November 18, 2009 in Sonder kategorie

Ek kla nie, want laas het die City van Swape twee en ‘’n half weke geneem om ons rubbish te kom verwyder…dus was gister se scheduled verwydering seker ‘’n miracle opsig self…

Ons het almal gister ‘’n moeilike dag gehad, Ek het laat gewerk, hubby het bietjie gardenservice gedoen (ek gee hom spys en drank en die gras word gesny – goedkoop tuinier!) en kleinding het geleer vir sy Gr 5 Engelse toets vir vandag. Dus teen nege uur was die huis in droomland…

Skieklik was daar onbekende geluide en toe die bekende geluid van my garagedeur…almal spring gelyk uit die bed, dit is skuins voor elf…hubby met sy bb-gun (yeah right!) ek vat my foon en kleinding verkies eerder die onderstepunt van sy duvet…Roep die automatic deurklokkies (gee hondekos, water en baie liefde), maar die lui nie ‘’n klankie nie…toe kom die bekende bang-bang-bang en fluit geluide…Halleluja! Die nag-robbers het die rubbish kom steel!

Nou ja, opstaan was moeilik en ses-uur in die oggend op die highway agter ‘’n 22kmph trok en BMW’s teen 180kmph het my tjor nie ‘’n kans vir ‘’n 120kmph gap tussen die twee scenarios nie…Wee jy hoe lank kan 6 km wees!…wel…nou na my derde koffie voel ek presies soos die weer vanoggend…heel nat en bewolk, dankie!

Dis sommer ‘’n k-k gevoel…en ek wonder wie de moer het besluit om die son inni middel van die somer te trip?

En voor die woordeboek-mense ôk lelik met my wil wees, sêg ek sommer voorlopig eksuus vir die swak taal-mixing van hierdie inskrywing…

2 antwoorde op Rubbish en Robberies

  1. Global warming…dis nou die weer bedoel ek…dis reeds hier !
    watse tatooes praat jy van ?
    En Spaans ?
    My geheue is seker swak…

  2. VozSola het gesê op November 23, 2009

    Eish FW…jy ken net mense wie jy wil… Ek sien jy pryk in jou halwe adamsgewaad en sien jy kort ‘n bietjie ink…leur…hence die vraag oor ‘n tatoe…of twee? (Spaans…oor die nonsens wat jy oor Suid-America kwytgeraak het en ekke jou in Spanish geantwoord het op Sê! Maar Melt het mos destyds al gesê jy moet my uitlos.
    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.