Profile photo of VozSola

by

Draadsitters of verklikkers?

November 17, 2009 in Sonder kategorie

Ek moet bieg en verkondig dat ek is die meeste gevalle ’n draadsitter is. Nie omdat ek nie ’n besluit kan neem nie, maar omdat ek gewoonlik beide kante van ’n saak as reg en verkeerd beskou. Een kant moet reg wees vir die ander om verkeerd te wees maar een moet verkeerd wees vir ’n ander om reg te wees, dus kan beide dieselfde tyd reg en verkeerd wees. Ek noem dit “praktiseerende diplomasie” (skuus tog die submarine-Afrikaanse spelling…indien verkeerd)

Wat my egter aan die dink gesit het is die tipe van sitters wat mens kry. Hul word geklasifiseer volgens die draad waarop hul sit, dit sal dan ook natuurlik die taak vir die ‘reg en weg’ mense vergemaklik om te probeer verstaan hoekom hul juis draadsitters is.

Die Bloudrade. Dit is nou mense soos ek wat nie in wit en swart kan sien nie. Dit word gereken as ’n multipurpose draad wat in enige vorm gebruik kan word.

Die Staaldrade. Hulle is sitters wat geneig is om na regs te leun…Miskien word die draad soms te styf gespan om balans te balanseer en te behou?

Die Doringdraad. Diegene kry net sit so met tussenposes waar en wanneer die saak dit benodig.

Die Lemmetjiesdraad. Dit is alle ander politici wat nie onder die huidige fakkel van unity sit nie.

Die Ogiesdraad. Hierdie word gesien en erken as die belangrikste soort van draad. Jy kan nie kant kies nie want jy staan gewoonlik reeds aan die verkeerde kant van die draad.

Die draad wat wel  die meeste gebruik word, op ’n daaglikse basis is die een wat mense verloor as hul swak dienslewering kry of in ry moet staan…

Dus, op waai draad sit jy? (Nee, die perdebynes in jou wasgoeddraad se pype tel nie!)

3 antwoorde op Draadsitters of verklikkers?

  1. Nie seker oor my draad nie … wat wel waar is … hierdie is ‘n baie skerp post!

  2. VozSola het gesê op November 17, 2009

    hi, dit pas jou goed…jy hou die drade skoon waarop die ander so graag wil sit! (tov van die groot drade wat hier en daar rondlê) 😉

  3. VozSola het gesê op November 17, 2009

    Dankbaar dat jy kom lees het! *wou ‘n waarskuwing by die staaldraad las, maar ek is bang almal kom terug met French onderklere! …en ‘n hofsaak teen my?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.