by

Inspoel of uitspoel

Junie 25, 2009 in Sonder kategorie

 Die feit dat breinspoel doeltreffend is, kan die gewone mens nie betwis nie. Dit was jare lank die gekose geheime wapen. Ook is dit bewys dat dit ‘n goeie alternatiewe manier van torture is. Daar is geen fisiese bewyse nie. Geen letsel word agtergelaat nie.

Terug na die hede. Mishandelde vrouens, kinders, alkoholiste, dwelmverslaaftes, seksverslaaftes, internet-verslaaftes ens. ervaar dit op ‘n daaglikse basis. Daarmee saam verseker die spoeler die bose kringloop van; “sy wil weg gaan/ophou, maar kan nie” Op daardie stadium kan die bespoelde nie meer verstaan hoekom hul wil, maar nie kan nie. Rede is eenvoudig want breinspoeling is niks meer as die manupilasie van die gewete nie. Of jy kry een, of joune word gemanipuleer, of bloot eenvoudig verwyder.

Noudat SA hulself in die situasie bevind van oorvol tronke, (waarvan die meerderheid nog gehoor afwagtend is) inmates wat nooit rehabiliteerbaar is nie, en die jonges wat met ‘super-criminal-intent-certificates’ vrygelaat word en dies meer. Sou hierdie derglike situasie nie teen voordeel van die nasie effens uitgebuit kan word deur om alle kriminele aan vereiste ‘goeie’ breinspoellings te onderwerp nie? Maak hulle goed, sonder dat hulle ooit weet hulle het verander, met ’n nuwe ingebore soeke na die ‘regte-ding-om-te-doen’ in hulle eie gemeenskap.

Dit kan ook ingestel word as ’n verpligte klas op hoërskool waar kinders met respek en morele waardes vernuwe kan word. Maar dit kan ook gebruik word om mense te help heel. Slagoffers van geweld, verkragtings, kanker, algemene gesondheids kwale en so meer. Die kringloop proses van vernuwing; “skok, hartseer, woede, seer, woede, aanvaarding en vergifnis” kan hiermee vergemaklik word. Dit kan op enige persoon in enige situasie gebruik word. Dit kan medikasie vervang, dit kan mense van binne gesond maak deur hulself gesond te dink.

“Wat jy nie weet nie, kan jou nie seer maak nie”

In hierdie oomblik van ledigheid, sien ek sommer ’n heel ander wêreld…

3 antwoorde op Inspoel of uitspoel

  1. Sjoe baie goed, ek kan hiermee saam leef.

  2. VozSola het gesê op Junie 25, 2009

    Die Media as sulks is juiste die meesters van breinspoelling…veral adverteerders!

  3. AntOos het gesê op Junie 25, 2009

    En breinspoelings kan ook seker dalk verbeterende persoonlikheids-aanpassings meedbring, dink jy nie?!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.