Profile photo of VozSola

by

Praat paraat

Mei 26, 2009 in Sonder kategorie

 

 

Reg, as jy hier klaar gelees het, sou jy dalk kon sê “and the joke is on you” Ek sal dit dan met grasie aanvaar. Alhoewel dit duidelik nie my sienswyse sou kon verander nie. Daar is gewoon net mense wat nie besef wat hulle uiter nie. “Talk is cheap” is ‘n ware ding, net jammer dat die tiekkies en ½ sente nie meer bestaan nie, want dit kon sulke mense dalk ryk of is dit verryk gelaat het.

 

Mense is nie meer paraat met woorde nie. Hulle praat en praat en praat doelloos, bloot om die lug-leemte tussen mense te vul. Let bietjie op na geselskap. Gaan sit by in ‘n beknopte koffiewinkel waar jy soms gedwing word om na ander se geselskap te luister. Ek verseker jou jy sal dit uiters insiggewend vind.

 

‘n Paar algemene voorbeelde; Iemand het al sy hare afgeskeer. Wat vra die meerderheid; ‘Haai, het jy jou hare gesny?’ Iemand se arm is in gips; ‘haai, het jy jou arm gebreek?’ ‘Haai, het jy jou kar gestamp?’ Haai, is jy siek?’

 

Waar het hierdie onsinnige gewoonte sy geboorteplek in ons geselskap gevind?

 

Dan is daar natuurlik diegene wat nie daardie belangrikke volume-kontrole-knoppie in publieke geselskap kan/wil gebruik nie, maar selfs dan, as so ‘n persoon darem ingeligte aanmerkings maak oor onderwerpe geopper, is dit nie halfpad so erg soos die persoon wat ons hele Sondag middag uitstappie bederf het nie!

 

Daar sit ons die middag, een van sowat 11 tafels, in ‘n tee-tuin. Almal sit rustig en gesels en geniet middag-ete. Behalwe vir hierdie een persoon aan een van die tafels. Hy praat so hard en soveel ‘str.t’ moontlik, dat na ‘n uur die meeste van die ander tafels begin stilbly het en net vir hom gesit en heel moerig beloer het. Die beste is die onderwerpe veral die groot loof en geloof wat hy in die Europa gevind het. “the European system of bringing up your children with good manners…” en so voorts. Die beste is dat selfs die mense aan sy tafel kry nie eers ‘n woord te verdediging of saampraat in nie. Die een persoon is ‘n Duitser en hy baklei en stry selfs met die oor Duits en hoe verkeerd die Duitsers praat. Dan spring hy na Oprah en die vrou met ‘n ‘genuine’ gat in haar gesig en nie soos die vrou in Frankryk wat net bietjie gesigsprobleme gehad het nie. En so voorts…Die beste is dat die ou met sy swak-aangeplakte Europese aksent, eintlik maar net nog ‘n gewone Afrikaner is, wat sy ware kleure na vore gebring het toe hulle ‘n fout met sy rekening  gemaak het met…”hierdie rekening is f@@@ken verkeerd” Nou ja, drie tafels het opgestaan en vroegtydig verkas tydens sy 35 minute woordewisseling met die onskuldige kelner oor dieselfde rekeningsfout.

 

En die beste is, toe ons loop het ek in die verby gaan hard en duidelik aan my man genoem dat sekere mense geen praat etiket het nie, en die hele middag bederf het. So in die verby gaan hoor ek sy eggo…’…didn’t appreciate a good conversation…’

 

Ek dink my eie gedates koer nog daar rond.

1 antwoord op Praat paraat

  1. anskrige het gesê op Mei 26, 2009

    Absoluut!
    (Ek het die nare gewoonte om woorde te mors deur vir T. te vra: “Sal jy my asb. ‘n guns doen blah blah blah”
    Nou die dag ontleed ons hoekom en ek kom tot die slotsom dat hy tipies man net iets doen as ek eers sy gat lek.
    Maar ja, ek raak net so goor vir hard gepraat in ‘n openbare plekke.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.