Profile photo of VozSola

by

Hede of Verlede

Mei 21, 2009 in Sonder kategorie

 

Die sinnelose gejaag na die ‘waarheid’ lê slegs opgesluit in die toekoms. Wat presies die toekoms inhou is steeds onduidelik en sal altyd wees. Jy kan alles via Google soek en kry, maar nie eers met Microsoft se nuwe Kumo sal jy die toekoms kan sien nie. Nie eers die karavaan tannie met haar teeblare of die internet Physic of die ou buurman next door sal jou dit kan vertel nie. Selfs die weerberig het sommige stoere boere al verkeerd bewys, dit is meestal verkeerd om mee te begin.

 

Terug na die verlede, daar waar die meeste van ons ons ankers gevind het om blykbaar van dag tot dag te probeer vasstaan en lewe. (regtig!) Die verlede blyk slegs ’n mirage van ’n oase vol woestyn-antwoorde te wees. So teenstrydig wat mens teen mens is, (van nature) so teenstrydig is die hede oor die verlede.

 

Hulle bepaal die ouderdom van opgegrawe ‘tekens’ van lewe (duh?) verby miljoene en miljoene jare, tog stry hul oor die ouderdom van die aarde (wat heelwat) jonger is as die opgrawens self? Maar bepaal die geskrewe woord (kringetjies en kruisies) gehang teen die natuur se mure, tussen 50,000 en 75,000 jaar oud. Dieselfde tekeninge in ‘’n bepaalde ’n tydsgreep, teenoor ’n ander tydsgreep op ’n ander kontinent?  Verklaar dit die mensdom se voortuitgang en dan skielik weer bewys dit die einste agteruitgang?

 

Was daar dalk wel ’n oerknal op aarde  (of dalk een van vele) wat te same die intellegente menslikheid nietig gemaak het, en slegs ’n paar (natuurlik wat aan die vele secret societies behoort het) oorleef het, wat weer van vooraf die aarde moes vul? Steeds baklei ons oor die verlede waarteen diegene wat weet, verklaar dat Desember 2012, die begin van die einde vir ons almal inhou?

 

Waar is die Freud en Einstein van vandag? Sou ons sê dit is Bill Gates en die laaitie van die garage-google? Waar is die Bach en Beethoven vandag? Sou ons sê dis Jurie of Steve? Waar is die ingeneurs van die Piramides? Sou ons sê hulle werk tans in Dubai? Waar is die Hitler vandag? In Zimbabwe?

 

Waar is jy vandag? Is dit waar jy dalk self môre sal wil wees?

13 antwoorde op Hede of Verlede

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 10, 2010

    “Waar is jy vandag”

    Ek is hier. net om te bewys ek lees alles…

  2. VozSola het gesê op Mei 10, 2010

    Eish…jy grawe vêr…ek is vandag op die eina rasper van die verlede se toebroodjies!
    Dankie vir teruglees…
    “en waar is JY vandag?”

  3. HeavyHenry het gesê op Mei 12, 2010

    Selle ou bleddie plek as altyd – by die werk!

  4. VozSola het gesê op Mei 12, 2010

    Haai foeitog…slaap jy ook by jou werk?
    ps. wat doen jy vir ‘n day-job?

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 13, 2010

    Nee ek slaap by die huis.

    By die werk voer ek die kat.

    🙂

  6. VozSola het gesê op Mei 13, 2010

    lol!!
    Tafel-kos is nie goed vir katte nie!!!

  7. HeavyHenry het gesê op Mei 13, 2010

    dis nie tafel kos nie – dis daai katkos wat so naar-maag stink- in geseelde pakkies…

    En maalvleis.

    En as haar tanne grief gee, maalvleis en negosievis met room opgekook…

    Sy doen oraait, die kat.

  8. VozSola het gesê op Mei 13, 2010

    LOL!!!
    Ek hoop jy borsel haar tanne na dinner!!??Die kat sin.

    Gelukkig hou ekke nie van katte nie. Hulle bedreig my soul-space…en ekke deel dit nie graag nie!

  9. HeavyHenry het gesê op Mei 13, 2010

    Nee sy lek hulle self skoon.

    *Kyk haar met ‘n houtoog aan*

    Mense wat nie van katte hou nie, is gebreklik…

    🙂

  10. VozSola het gesê op Mei 13, 2010

    en ekke met ‘n houtbeen op jouse skeen!!!
    😉

  11. HeavyHenry het gesê op Mei 14, 2010

    *lmga*

    Een van Isaac Asimov se karakters het in sy kantoor ‘n geraamde gesegde teen die muur gehad wat gesê het:

    “Violence is the last resort of the Incompetent”

    Ek is lus en trek jou aandag daarop, maar ek sal nie, want ek is te goed gemanierd.

    🙂

  12. VozSola het gesê op Mei 15, 2010

    klink soos;
    Artificial intelligence is no match for natural stupidity.
    maar ek sal nooit iemand daarop oordeel nie…

  13. HeavyHenry het gesê op Mei 16, 2010

    🙂

    Nice!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.