Kan jy sowaar glo dat ek in my blog kan kom.
Eish …
Vrydag byskrifte
Eish ek was lanklaas hier!
Dis heerlike herfsdae hier in die bosveld. Werkers is besig om besproeiing-slote te grawe – eish, mens se geduld word tot die uiterste beproef, want vir ‘n persoon wat hou van reguit lyne en gelyk oppervlaktes word jou senuwees tot die breekpunt beproef.
Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Byskrifte
Party besighede is darem net in ‘n klas van hulle eie. Ek gee vanoggend handdoeke in vir borduurwerk by ons kwiltwinkel. “Hoe haastig is Tannie? Ons het vreeslik baie werk ingekry.” Nee die verjaarsdag is eers Woensdag! Vanmiddag om 14:00 lui die foon en die borduurwerk is klaar. Met sulke flinke diens is daar nog hoop vir die samelewing.
Hoop jy het ‘n lekker naweek. Dankie vir die deelneem/inloer.
1
2
3
4
5
Vrydag Byskrifte
Dis ‘n heerlike rustige naweek hier op die Landgoed. Die bouers is almal huis toe en hier is so salige stilte. Die inwoners is redelik voltallig, want as mens hier in die Noorde bly ry jy nie baie op ‘n Paas-naweek rond nie.
Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Byskrifte
Ons het heerlik reën gehad enis ongelooflik dankbaar. Ons het ook ‘n reënmeter gekoop, want om soggens van ander afhanklik te wees of in jou nagklere na die reënmeter af te suiker, is ook nie ‘n opsie nie.
Hoop die weer is by jou ook net soos jy daarvan hou en dat jy ‘n heerlike langnaweek het. Hier is die paaie al besig. As jy iewers ry, is my wens dat jy veilig sal wees. Dankie vir die deelneem/inloer.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Byskrifte
Wag laat ek maar liewer nie hierop ingaan nie want hulle luister nie eintlik wat mens sê nie. (ek praat van die die mense wat dit doen – nie jy nie) Hoop jy het ‘n lekker naweek en dankie vir die inloer/deelneem.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Byskrifte
Gister 4mm reën gehad en vanmiddag ook ‘n buitjie, terwyl dit nog belowend lyk . Mens hoor van wydverspreide reën en is al te dankbaar. Wat water-toestand betref het ons nou darem bietjie water. Ek hou egter nie my asem op nie… gister was ons vir ‘n ruk sonder water en krag. Mens voel soos ‘n weeskind.
Hoop jy het ‘n heerlike reënerige naweek. Dankie vir die deelneem/inloer.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Byskrifte
Ons was vanoggend gou Witbank toe vir ontbyt… eish, ek voel die ouderdom in my litte … glad nie meer so jong bokkie soos ek my voorhou nie
Hoop jy het ‘n heerlike naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.
1
2
3
4
5
6
Vrydag Byskrifte
Sjoe, ek het hierdie week met die internet gesukkel. Jammer as ek nie by jou kommentaar gelewer het nie. Mens kom weereens onder die indruk hoe afhanklik mens is. Verder was dit ‘n besige week – die staatsrede word druk bespreek hier op die landgoed en ek het sopas op die krieket ingeskakel, met 111-6 lyk dit nie te sleg vir SA nie. Net soms kry ek so ongemaklike gevoel dat sekere sportsoorte so effens gekook word. Daar is baie geld in om ondersteuners se belangstelling te behou – nee moenie my aanval nie – ek wonder net.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en as dit reën stuur maar so bietjie aan.
1
2
3
4
5
6