‘n Lekker woeste Kosak-song vir Henry na aanleiding van ons gesprek hier.
Die Kosakke is ‘n groep van hoofsaaklik Oos-Slawiese mense in Oekraïne en Suid-Rusland wat veral as onverskrokke, uitmuntende perderuiters vir eeue vrees by die vyand ingeboesem het. Saam met die Tsaredom van Rusland het hulle met die stelselmatige verowering en kolonisering van land begin om grense te beveilig.
Gedurende Napoleon se inval in Rusland was dit hulle wat die meeste deur die Franse troepe gevrees was. Napoleon het juis verklaar dat die Kosakke die beste perdekrygers ooit was. Só lyk hulle as ruiters:
Vanweë hul militêre tradisie het Kosakmagte ‘n belangrike rol in Rusland se oorloë van die 18de tot die 20ste eeu gespeel. In die laat 19de, vroeë 20ste eeu is hulle gebruik om omvattende polisiediens te verrig en het as grenswagte gedien op nasionale en interne etniese grense.
Tydens die Russiese burgeroorlog het die Kosakke egter openlik oorlog teen die Bolsjewiste verklaar en hulself teen 1918 algeheel onafhanklik verklaar.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het etniese Kosakke aan beide kante van die konflik geveg. ‘n Groot aantal het hul aan die kant van die Duitsers geskaar in reaksie op die onderdrukking en volksmoord op hul mense as gevolg van Joseph Stalin se beleid. Die oorgrote meerderheid het egter teen die Nazi’s geveg en hul diens was deurslaggewend. Hulle is gebruik vir frontale patrollies en logistiek op die oop vlaktes (steppe) wat hulle goed geken het.
Na die oorlog is die Kosakke vrygestel van die Sowjet-leër. Tydens die Perestroika-era van die laat 1980’s was hulle entoesiasties oor die hervatting van hul nasionale tradisies. Vele pogings is aangewend om die Kosak-impak op die Russiese samelewing te verhoog en plaaslike owerhede het ooreengekom om sommige administrasie- en polisiëringspligte aan hulle te oorhandig. In Rusland se 2010 Bevolkingsensus is die Kosakke dan ook as ‘n etnisiteit erken.
Thanks hiervoor – lekker ongekompliseerde ritmiese musiek.
Daai ouens sukkel ook nie met die perdry nie – en dissie jockey-sized boykies nie, en hulle perde is ook groot – en die manne (en die meisie ook) rol sommerso rond of dit ‘n kas of ‘n bok in ‘n gym is – moerse impressive vir ‘n banggat soos ek!
🙂
Ek het op ‘n stadium ‘n program op History Channel oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesien waar die vervaardigers nogal daarop klem gelê het dat die Boere in die Anglo Boereoorlog uitstekende ruiters was wat sommer so in woeste vaart sekuur kon skiet. In die gedramatiseerde tonele het hulle behoorlik soos Boere-Kosakke gelyk. 😛
@kompethenry
Indrukwekkend …
🙂
Huh?
Aha!
@mankiepoer
As ‘n mens weet wat met hierdie arme mense gebeur het, neem die musiek sommer ‘n nuwe betekenis aan. Dankie vir die een! @sirpsa
Dis my plesier.
@marynam
Is Alexander Rybak ‘n Kosak?
Hehe met al die energie wat hy uitstraal kan mens nogal dink hy’s ‘n Kosak. Het juis twee keer oor hom geblog.
http://blogs.litnet.co.za/trakie/2009/11/26/niks-so-uitbundig-soos-jonkwees-nie-26-Nov-2009/
http://blogs.litnet.co.za/trakie/2010/07/30/niks-so-uitbundig-soos-jonkwees-nie-opvolg/
@twaksak
mens kan nie jou voete stilhou as hierdie speel nie, die musiek laat hulle sommer so vanself op maat van die ritme trap, trap trap
Din doen nogals, né.
@rosiemetdorings
Het jy al opgelet,meeste van die musiek is in ‘n mineur toonaard.Dis wat dit so vurig maak.Ek was bevoorreg om regte Kossakdanse te sien toe ek in April by my dogter in Rusland gaan kuier het.Dankie,ek het dit nou baie geniet!
Jip, lekker vurige en ander kere weer weemoedige mineurklanke. Nes ek daarvan hou. Hoe lank is jou dogter al in Rusland?
@perdebytjie
@sirpsa My dogter was twee jaar daar,maar is tans terug.Sy doseer Engels by internasionale skole.Haar voetjies jeuk egter,want sy wil nou Sjina toe karring.Sy was nou al in Vietnam,Laos,Kambodja,Armenia,Siberie,Ysland,Engeland..ag jy noem dit.Sy maak my mal!
Ag lekker. Jy moet ‘n punt daarvan maak om by elke nuwe plek vir haar kon gaan kuier. 🙂
@perdebytjie
@sirpsa Sy het darem nie oral gewerk nie,net in Vietnam,Moskou en London.Verder het sy gaan toer,stoksielalleen op haar eie.Dis wat my senuwees so gedaan maak.Sy het al benoude ervarings ook gehad.Gelukkig hoor ek alles eers agterna.
Avontuurlustig, die meisiekind van jou.
Om die een of ander rede het hierdie reply van jou by my strooipos beland en moes ek dit eers daar gaan opdiep.
@perdebytjie
@sirpsa Ek het gewonder waar dit heen is,want ek wou jou nie onder ‘n wanindruk bring dat sy oral gewoon het nie. 🙂
Baie geiet dankie!!!
Moesa plesier.
@frixos
Interessant baie dankie! Ek het al van hulle vergeet!
Viva die Internet!
@losbek
Pingback: Van willewragtag tot stroopstroopsoet |
Pingback: Van willewragtag tot stroopstroopsoet |