DÃs wat mens veronderstel is om hierdie tyd van die jaar te doen.
Koop, koop, KOOP. Trolliesvol.
My wolkeprojek is nog aan die broei. Hoop ek haal die “spertyd”.
15 thoughts on “Ingeval iemand gewonder het”
hehehehe… ek moes mooi kyk … ek het die afgelope twee dae ook uitbundig gekoop!
Daar is geen spertye vir die uitdaging nie! Dis die lekker daarvan soms sien mens skielik iets wat by die vorige uitdaging gepas het en dan kan mens dit nog deel.
Shop ’till you drop
Ek het gister die winkels ingevaar……… en met ‘n pakkie mineraal aanvullers vanaf Dischem by die huis aangekom. Ek sien net niks wat ek voel die geld werd is wat daarvoor gevra word nie

Ek’s bevrees inkopies is nie my gunsteling tydverdryf nie. Nie oor kerstyd nie en veral nie op maat van Little Drummer Boy nie.
@tina10
Fyn breinspoeling,doerbokant jou kop! Ek haat winkels hierdie tyd van die jaar.Daar is so ‘n subtiele atmosfeer van druk op mens se beursie.
Absoluut.
@perdebytjie
Ek is absoluut teen daai koop en nog koop kultuur.
Koop moet ons almal ongelukkig koop, maar hel, net tot op ‘n punt.
@blikskottel
Ek sien maar min mense in die winkels, daar is ook baie minder mense hier met vakansie, ek dink die ekonomie knyp.
Ek persoonlik dink dis al die glitter en verspotte kersliedjies wat die mense daar weghou. 🙂
@avega
Shop ’till you drop
Ek het gister die winkels ingevaar……… en met ‘n pakkie mineraal aanvullers vanaf Dischem by die huis aangekom. Ek sien net niks wat ek voel die geld werd is wat daarvoor gevra word nie
Dis nou wat ek noem wilskrag. En common sense.
@rosiemetdorings
Koop en koop en vrek platsak daarna- dis ek daai ! 😉
Nou maar laat die platsak vir jou ‘n les wees. 😀
@losbek
As dit by sulke plekke kom, is ek AWOL…
Ditsem!
@kompethenry
Ek kry sommer ‘n angsaanval as ek net na ‘n Mall kyk. Ek koop my geskenke by garage-sales 😉