‘n Tyd gelede het ek oor Alexander Rybak geblog en ook melding van sy Kiss and Tell gemaak. Nouja, hier’s dit.
Sy eerste CD, Fairytales, het driedubbele platinumstatus in Noorweë bereik en sy nuwe album, No Boundaries, is pas uitgereik. Kan nie wag om te hoor hoe dit klink nie!
Thanks Sonel, sêlle vir jou!
Lekker naweek.
Dankie, Berwick. ‘n Uitbundige naweek vir jou!
Dankie. Ek het dit nodig.
🙂
Hmmm, lekker aand vir jou.
Ek gaan nie kyk/luister nie, want my caps is laag teen die einde vd maand.
Hier by my sorg ek dat ek dubbel en dwars waarde vir geld kry vir uncapped internet access teen R219 per maand. Wat ‘n fees!!
ek vermoed ek leef op ‘n ander planeet – ek ken die man nie!
Hehehe, ek vermoed dis omdat jy jou op ‘n ander kontinent as Europa bevind, Nika. Kliek gerus op die link na my vorige post om na sy treffer te luister waarmee hy verlede jaar die Eurovision song-kompetisie in Moskou gewen het.
Ek’s nou ernstig op die uitkyk vir sy nuwe een, Annemari.
Die bloed bruis sommer so deur my are wanneer ek hierna luister, Kelly.
Uitbundigheid is aansteeklik 🙂
Dit klink belowend!
Jip, baie insiggewende woorde oor sy ouers. Lekker naweek vir jou ook!
:-))
Is so, Jan Klaas.