Daar’s darem maar niks so lekker soos sommer net speel nie. G’n kompetisie, g’n reëls nie. En wanneer dit boonop iemand groot en sterk met ‘n dreunstem is wat só met jou speel, loop jou beker behóórlik oor.
Baie ouers verkies dat hul kinders eerder opvoedkundig speel as bloot vir die pret. Speelsessies word dan streng beheer en is onderworpe aan reëls. Maar in werklikheid is natuurlike, spontane spel ‘n noodsaaklikheid vir die ontwikkeling van kinders se intellek, emosies, fisiese en geestelike vermoëns as ‘n geheel.
Voordat ons van wen/verloor-speletjies geweet het, het almal van ons van nature oorspronklike spel gedoen. Meeste van ons het dit egter verleer.
Jy’t nie ‘n idee hóé nie, Kelly. Om nie eens te praat van die kinders nie!
Sorgelose kinderdae – dis hoe dit hoort.
Speel met maats is uiters belangrik.
Ook die gee en neem wat speel insluit, en om nie eers van die fisiese ontwikkeling te praat nie..soos middellyn oorkruising waarmee ons onnies so sukkel..kinders moet klim en balans ontwikkel, ens.
Goeie pos!
As dit is wie ek dink dit is dan verstaan ek, daar is net helemal te min van diesulkes
Ek het ook so gespeel toe ek klein was. Jammer dat daar nou soveel meer klem is op wen/verloor…
Ek het ook altyd so met my kinders gespeel…hul is nou te groot…ek is bang my rug spring uit…hahaha
Net so belangrik soos om jou kroos te voed, Ghaap.
Absoluut, Thomas.
Boonop is hierdie uiters belangrike spel dié lekkerste speel wat mens kan speel, Lou.
Monica, ek stem 100% met jou saam.
Absoluut, TL. En daardie aand is dit die gelukkigste, tevrede kinders met wie die ouers te doen het.
Wens hy wil nóg skryf, MK!
‘n GROOT jammerte, Prinses. Waarvan die gevolge ongelukkig nog lank gedra gaan word.
Wonderlik! Groot en klein geniet dit beslis ewe veel.
Gelukkige kinders! Jy sal verbaas wees hoe groter kinders dit ook geniet. En grootmense!
🙂
🙂
aura van vrede om hierdie foto’s :)) dis so jammer dat ons as ouers ons kinders se vryheid moet inhok om hulle veiligheid te verseker. My eie kinders word nie verder as 100m van die huis af toegelaat nie, tensy ek saam met hulle is…en tog is daar soveel om te ontdek buite daardie 100m
moet nou nie die arme kinders blameer vir jou alignment wat uit is nie Zeps! ;D
iets wat enige kind sal onthou !!
Speel is wat die ouer garde jonk hou.
Om regtig ‘n kind hoor uitbundig lag moet jy spontaan saam met hom speel :-)))
Wyse skrywe Kelkiewyn! Speel is tog so lekker, stoei, rond hardloop, hopies pak op mekaar.
Mooi bly Kelkie jy en jou gesin.xxx
Geen woorde kan original play werklik beskryf nie, Flenters.
Vrede is die woord, Trouby. Juis omdat geen reëls en kompetisie betrokke is nie. Aanvaarding is al wat hulle nodig het.
Ja, dis jammer dat mens so onveilig voel. Die media het nogal baie daarmee te doen.
Net so, SK.
Slaan jy nou die spyker op die kop, Kerneels!
Jy’s heeltemal reg, Meander. 🙂
😉
Pure holderstebolder pret, Tweeling.
En dankie 🙂
(-;
Stem!
Bly 🙂
ons het dit nie verleer nie…om tyd te maak vir speel saam met die mensies wat saakmaak dit het ons verleer…
Behoorlik, Woordenaar. En mens kan nie anders as om heeltyd saam te lag nie.
Pietpompies, jy’t beslis ‘n punt daar beet.
😉
Mmmm, jy’t my lekker laat terugdink.
Indien ek jou misloop op die blogs die volgende paar dae…wil ek net nou sê, geniet die verlof (indien enige) en beleef ‘n wonderlike fees tydperk. Mag die Kersfees ‘n baie spesiale tyd wees vir jou en familie.
So met tyd gaan Blogville nou stil loop, soos almal hul karretjies pak…mag ons almal weer veilig terugkom en aan almal ons ervarings en ondervindings kom deel…onthou die fotos.
Ja, dis lekker terugdinkdae daai, JK 🙂
Dankie Zepps! Mag die feestyd vir jou en jou familie sommer baie spesiaal wees 🙂
Ja, om te kan speel! Ons moet ons kinders dit weer leer.
Of sommer net doen, Joanna.
;}
Ai, nou verlang ek sommer terug na daai dae!! Ek herken omtrent al die mense op jou fotos en het self ook lekker met douwe en Fred gespeel. As Fred jou in sy arms rondrol regresseer jy reguit terug in die baarmoeder in!
Hi heros! 🙂
Palomino, jy moes die kinders se blydskap sien toe Douwe verlede week tydens sy besoek aan Gauteng by die skool opdaag om met hulle te speel!
Ek kan my dit voorstel! Shani het gese hulle mis hom verskriklik!
(Ek mis hom ook, maar meer eintlik omdat hy sulke sexy bene het…maar moenie vir hom dit se nie, hoor!)
(OK, sallie vir hom sê nie 😉
A-hum
Hi Douwe! Welkom!! Soos jy kan sien, is jy die ster van hierdie inskrywing 🙂
Bly jy’t kom inloer, Kammakazi 🙂
Thanx Vormpies!
Ek dink speel is baie belangrik!
O beslis, PPD!