Niks so uitbundig soos jonkwees nie

Op hierdie stadium kan ek nie genoeg kry van Alexander Rybak, 23-jarige sanger, komponis en violis van Noorweë nie en wie se CD ek onlangs aangeskaf het. Hy het die Eurovision song-kompetisie hierdie jaar in Moskou gewen.

 

Alexander is in Misk, USSR gebore en het naby die Noorweegse hoofstad Oslo grootgeword. Hy speel reeds sedert vyfjarige ouderdom viool en klavier, skryf sy eie musiek en is konsertmeester van een van die grootste simfoniese jeugorkeste in Bergen.

 

Só klink sy Fairytale waarmee hy ‘n eerste plek losgeslaan het. Sy Kiss And Tell – met dieselfde kenmerkende swaar Russiese ritme – is net so voortreflik, maar nog nie op YouTube beskikbaar nie.

 

27 thoughts on “Niks so uitbundig soos jonkwees nie

  1. ek hoor vandag op KFM hulle adverteer die cd…is ‘n mooie kind, sal bietjie gaan luister en hoor of hierdie metal/rock ore van my daaraan gewoond kan raak ;D

  2. Die Russiese musiek het vir my gewoonlik ‘n hunkerende ondertoon… Al dikwels geluister en gewonder hoekom dit so is?

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.