by

Dit is vroeg.

April 12, 2012 in Sonder kategorie

Stilte hang oor die dorp…

Die nag is oud.

Windloos seil ek, met rasende gedagtes deur die strate

…opsoek na ‘n antwoord.

Ek skop ‘n klippie.

Stilte borrel oor my lippe.

Die nag is oud.

Ysig groet die oggendster my met glinster in die oog.

Ek fluit ‘n deuntjie.

Stilte raas met oponthoud deur my oë.

Die nag is oud.

doeksag breek die lig deur die lense van my kykers..

blind.

vasgekeer in ‘n grenslose vlakte

bewend

roekeloos aan die wandel,

traandam in my hande.

2 antwoorde op Dit is vroeg.

  1. lisabeth het gesê op April 12, 2012

    Laat my dink aan “sound of silence”. Mooi loop.

  2. TS het gesê op April 12, 2012

    *drukkie*

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.