by

Lank lank gelede…

September 9, 2011 in Sonder kategorie

Soms wens ek my lewe was ‘n sprokiesverhaal…dit moet begin met Lank lank gelede, en dit moet eindig waar die koets wegry met die volgende woorde agter op : just married.

Almal is gelukkig, niemand het ‘n kwaal of klagte nie, die goed oorheers.

Toe ek nog ‘n jong seuntjie was het ek daagliks verlore geraak in my verbeelingwêreld, ‘n wêreld waar ek kon maak en breek soos ek wou, ‘n veilige plek waar ek altyd die held was. Partykeer wonder ek of ek nie soms steeds daardie held probeer wees nie. Dalk nie my verbeeldingwêreld nie, maar in die volwasse wêreld waar ek myself bevind. Dog is my pogings power en onsuksesvol.

Lank lank gelede was ek gelukkig, nou is ek minder gelukkig. Ek probeer werklik hard, ek doen. Tog is die vloek van intellek en ouderdom die inhibeerder van dit wat geluk laat geskied.

Shit!

Dit is so dat ek dag na dag maar net voort beweeg deur dit wat ander as die lewe sien, amper blindelings, maar bestendig. Dit is seker goed genoeg.

4 antwoorde op Lank lank gelede…

  1. TS het gesê op September 9, 2011

    *drukkie*

  2. Sjoe. Pragtig geskryf en 110% hoe ek vandag voel. Ek het altyd gedroom dat ek ‘n koning gaan word. toe besef ek ek is gay en word ‘n koningin! Anyway. Ek voel saam met jou.

  3. Mens loop die pad met die lig wat jy het – Nice pos – ek dink ek weet presies waarvan jy praat!

  4. TFBE het gesê op September 10, 2011

    🙂

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.