by

Lekker slaap my kind.

Maart 15, 2011 in Uncategorized

Slaap ,kindjie, slaap. Daar buite loop ‘n skaap… Saggie neurie ek rustig die nagsê deuntjie in die ore van ‘n stil kind.

Wieg, heen en weer, heen en weer.

Stil, so stil, rus die kind in my arms; amper dood.

Die kers se was loop lang trane soos die lig verdof. Stadig verdwyn my sig, stadig.

Die son breek deur die hangsel voor die ruit. Silhouetteagtig  beweeg die lap eers verder en dan  nader  soos die oggendbries dit stoot.

Ek hoor die dag roep, maar steeds neurie ek die nagsê deuntjie in die ore van ‘n stil kind.

Slaap, kindjie, slaap. Daar buite loop ‘n skaap…

2 antwoorde op Lekker slaap my kind.

  1. beautifull!! dis regtig baie mooi, maak my hart sommer seer!

  2. TFBE het gesê op Maart 16, 2011

    Dankie

Los ’n antwoord vir TFBE. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.