Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

by tfbe

Jy is ver…

Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie

stadig het die eelte van verre vergete trane genees.

rustigheid het haarself knus kom tuismaak in my kloppende huis.

angs het vedwyn, maar die mis het bly hang voor my oë.

jou beeld is vaag.

vinnig is ‘n graf bespreek,

vinnig is dit gevul.

stadig het die grond ingesak,

stadig is die blomme dood.

leë karoovlaktes kan luid spreek van die ongewensde afstand,

die niksheid wat ons skei.

kom terug, kom terug, kom gou terug.

by tfbe

16 Desember 2007

Februarie 23, 2011 in Sonder kategorie

Vlam na vlam flikker die rooi-oranje die niksheid in. Blouwarm gloei die kole soos oë van ‘n verwilderde dier. Die onskuld en nederigheid van die verflentering spreek diep woorde in die verlate donkerheid van die sterrelose nag.

‘n Traan loop oor die plooie van ‘n jong gesig. Seer en gebroke bewandel hy die niksheid van die lewe, sonder ‘n greintjie liefde om aan vas te klou.

Hard plons die druppels op die harde bros grond; die klank weergalm in sy gedagtes.

Sterwend vlees, gebroke siel, mismoedig.

Dood.

by tfbe

Swanesang

Februarie 23, 2011 in Sonder kategorie

Dit is ‘n sonnige, helder lentedag met geen wolke in die lug nie. Die prag van die natuur is ooral in sig. Blomme pronk en die skoenlappers baljaar tussen die mooi kleure.

Die park is stil, net hier en daar is mense te siene.

Op ‘n bankie sit twee figure, al tuurend diep in mekaar se oë. Dit is baie duidelik dat liefde in oorvloed teenwoordig is…’n defenitiewe teenstelling.

Eensaamheid oorheers in een van die ander. Hy staar die vertes in met ‘n verwardheid in sy hart. Sy denke is op hol en hy verstaan nie. Wonderend hoekom hy nie die een is wat haar kan vertroos en vertroetel nie.

Ware soeke na liefde.

Hulle glimlag.

Glimlag na glimlag verskyn op haar sagte voorkoms.

Lag sy omdat hy daar is? of lag sy van pure liefde, pure vreugde?

Dit maak sy hart bly om haar so gelukkig te sien, maar dit breek hom ook om te weet dat dit nie hy is wat gaar so gelukkig maak nie.

Hulle vingers vleg soos riete in die vlei, die een gebroke sonder die ander.

Hy voel soos ‘n swaan wat maatloos treur.

Hy sukkel om die lewe lief te hê wanneer hy haar saam met hom sien.

                                                          *                              *                            * 

Wolke vorm in die lug.

                                                          *                              *                            *

Een…twee…driekeer hop die klippie op die water voordat dit met ‘n harde plons die water betree en wegsink na die lewelose bodem. Met elke hop is daar hoop dat die klippie verder sal kan gaan.

Daar is rimpels op die water.  Dit begin klein, word dan groter, totdat dit nie meer sigbaar is nie.

                                                           *                              *                            *

Die son sak en die voëltjies raak stil. Hy sit emosieloos met ‘n traan wat stadig teen sy wang afloop.

Die wete dat hy haar nooit sal kan bederf soos ‘n ouma haar kleinkinders bederf nie, of dat hy haar nooit sal kan liefhê soos ‘n man sy vrou lief het nie, ruk sy hart in ‘n duisend onheelbare stukkies.

                                                           *                               *                            *

Hy sit alleen in die park. Sy hart in flardes, ‘n miljoen onhegbare segmente, getrooi op die grond soos die sterre in die hemelruium.

                                                          *                                *                             *

Hy is roerloos, yskoud. Al wat beweeg is die laaste moed wat uitwaarts oor sy lippe seil…