Geplaveide moeras

4 November 2012 in Uncategorized

Hier is ons nou op ons nuwe moeras wat later ‘n highway sal wees. Ek het nog altyd ‘n probleem met keuses gehad, maar dit is ‘n goeie ding.  Gelukkig pas ons aan.

Die ander plek

14 Julie 2012 in Sonder kategorie

Ek het al baie keer gewonder oor die ouens wat VVV’s sien.  Wat het hulle regtig gesien?  Niks?  ‘n Droom? Of dalk regtig dit wat hulle beweer.

En iets het ek besef… ons almal sien wat ander ons sal toelaat om te sien.  Alles anders is nie regtig nie.  Laat my wonder hoekom ons so baie gewig sit op ooggetuies in ‘n hofsaak…..

Puzzles

10 Julie 2012 in Sonder kategorie

Waar ‘n mens inpas, daar waar dit voel of jy pas soos ‘n puzzlestuk, kom vir party mense natuurlik, vir ander is dit ‘n leeftyd se soektog.  Vir ander gebeur dit net nie.  Omdat hulle op die verkeerde plekke soek?  Met verkeerde plekke bedoel ek nie shady obskure plekke nie, net bloot op plekke waar daar nie antwoorde is nie.

En toe lees ek dit vandag “I finally found people who spoke my language” en besef dat ek my plek, my manier van dink uiteindelik verwoord het.  Snaaks dat ek dit in woorde moes sien om te kan breek deur die kokon wat my vasgehou het. En skielik maak alles soveel sin.  Die iritasie in winkels, die hartseer as ek na sekere fotos kyk, die woede wat ek ervaar as ek sekere nuusinsette kyk, woede wat nie myne is nie. Die vrede wat musiek my gee, die iets in ‘n skildery, die wete wat bome in my agterlaat, die fake wat mense in fotos insit, die werklikheid van spoke, van God, die snap van ‘n ander se gedagtes.

En daar verloor ek almal, en word dinge weird. Onwetenskaplik, onbewys. Airy fairy.  Maar waar ander wonder, is waar ek elke dag moet leef.  Dit is ‘n kokon in die gerammel wat sin maak, maar net vir my.  ‘n Kokon waar ek ander gevind het.  Soortgelykes.  Verstrooides.  Dromers.  Mense uit touch met realiteit.

Maar dit is my tuiskoms. 

Horlosie terugdraai

21 Junie 2012 in Sonder kategorie

Sou dit darem nie great wees nie?? Ons sal al ons foute met mening kon oordoen! 

Of net dalk, as ons iemand anders was, nie. 

Ons sal seker nooit weet nie.

geen idee nie

19 Junie 2012 in Sonder kategorie

Die onlangs raakgelees:

Om iemand wat jy liefhet te vergeet

is net so maklik as

om iemand wat jy nooit ontmoet het nie,

te onthou.

Onthou

12 Junie 2012 in Sonder kategorie

Ek onthou vandag jou lyf,

knus in die blou handdoek,

jou terugleun teen my,

die knippie sout op die uie,

ons vroegogend ontbyt,

die vieruur koffie,

die warm kaggelvuur,

die piekniek langs die stroom,

die leeftyd verpak in ‘n paar dae.

Sirkel

17 April 2012 in Sonder kategorie

So streep streep val mens se lewe uit plek, in ‘n ander groef. Raak die seer partykeer minder, hoop ons die onthou minder.  Begrafnisse is goed, einde van iets, goed of sleg, maar ook die begin van iets onbekends. Dis net die onthou en wens wat bly en voel asof dit groei….

Wat is liefde?

20 Desember 2011 in Sonder kategorie

Uit ‘n moewie …

I know that love is unconditional. But I also know that it can be unpredictable, unexpected, uncontrollable, unbearable and strangely easy to mistake for loathing. My heart… It feels like my chest can barely contain it. Like it’s trying to escape because it doesn’t belong to me any more. It belongs to you. And if you wanted it, I’d wish for nothing in exchange – no gifts. No goods. No demonstrations of devotion. Nothing but knowing you loved me too. Just your heart, in exchange for mine.

Baie waar, nie waar nie?

Klaarheid

6 Desember 2011 in Sonder kategorie

Tog jammer dat groot gedigte eerder as “liedjies” onthou word.

As daar geeneen is,
sit jy als op die skaal
want jy weet wat geleen is.
word eintlik gehaal.
Dan kom die waarheid
en besweer elke leuen
Skenk jou weer klaarheid –
en laat jou alleen.

Maar my oomblik van klaarheid het gekom, my geleen is ook gehaal. Maar ek dink dat na al die tyd, ek jou steeds wil leen.

Vir jou

1 Desember 2011 in Sonder kategorie

Love is passion, obsession, someone you can’t live without. I say, fall head over heels. Find someone you can love like crazy and who will love you the same way back. How do you find him? Well, you forget your head, and you listen to your heart. And I’m not hearing any heart. Cause the truth is, honey, there’s no sense living your life without this. To make the journey and not fall deeply in love, well, you haven’t lived a life at all. But you have to try, cause if you haven’t tried, you haven’t lived.

Meet Joe Black

 

Dankie vir die stukkie lewe wat my gegun is.