Oor liefde, lerieke en skaatsplanke

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

Ek is oppad terug van die strand met my gunsteling 2-jarige dogtertjie. Uitgeput het sy aan die slaap geraak terwyl die radio my nou geselskap hou. Meeste van die tyd is my kop so besig soos ‘n chrece in Parrow, maar vandag kry ek kans om so bietjie na die musiek te luister terwyl my brein heel ontspane in my kop lê en rus. Ek let op hoe meeste van die liedjies almal oor een tema handel: LIEFDE. Een sing tranerig oor ‘n liefde wat haar verlaat het en die volgende liedjie handel oor ware liefde wat net in drome bestaan. ‘n Sekere popster vertel hoe hy die liefde van sy lewe ontmoed het  en dat niks ooit weer die selfde gaan wees nie.  Daar is ‘n liedjie oor verlore liefde, een oor liefde wat n (gesensorde woord) is. ‘n Liedjie oor ‘n meisie met ‘n gebroke hart, en een oor  ‘n kêrel wat titel as die beste “lover” ooit eis.

Die van julle wat gereeld hier kuier sal weet dat my liefdes lewe gewoonlik iewat van ‘n gemors is. Ek kan nooit besluit oor of ek regtig in ‘n kêrel belang stel nie, en waneer ek wel doen kan hy nie besluit nie. Ek het al op verskeie afsprake gegaan, verskeie kere my hart gebreek, en verskeie kere belowe ek sal van nou af enkel- aleen bly. Tog…ek is net klaar gehuil oor die een mislukte pogin voor die volgende kêrel met ‘n mooi glimlag op die prentjie verskyn en my hart van vooraf ongemaklik in my bors begin bons.

Dus het dit weer onlangs gebeur dat ek myself onverwags vang glimlag as ‘n sekere persoon in borrel in my brein rondsweef. Hoekom ek so verbaas was weet ek nie, want ek ken mos myself, maar tog, verras was ek wel. Hulle sê dat mens nie noodwendig dom is waneer jy jou kop twee keer stamp nie, maar dat jy dom is as jy nuwe resultate verwag. Daarom, ten spyte dat ek wil glo, “miskien werk dit hierdie keer”, begin ek myself, glimlag om die mond voorberei om my hart styf vas te hou. My brein vertel my: “moet nie te betrokke raak nie Sonnet, hou maar jou afstand, en hou jou drome maar vir jouself.” My hart aan die ander kant probeer my wys maak: “As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie Sonnet. Dalk hierdie keer…geniet dit net, induldge in verlief raak, en hanteer die probleem waneer hy later kom” “Jy weet die probleem SAL kom Sonnet. 8 weke onthou.”

My blerrie kop tog! Kan hy nie maar vir ‘n slag ophou dink, en my hart net ‘n slag laat wees nie? En my simpel hart. kan sy nie net ‘n slag logies dink, normaal klop, en aanvaar dat minimalistiese aktiwiteite haar uiteindelik weer heel sal kry nie? Sonder krakies en onthou’e. Wil sy nie net vir ‘n slag al haar ou wonde laat toe groei voor sy weer met die skaatsplank teen die heuwel af ry nie?? “NEE, ons lewe net een keer. As jy net bo aan die bult bly staan sal jy nooit die wind deur jou hare voel nie. Om terug te klim tot bo is die moeite werd”.

Soms voel dit of ek besig is mal te raak. Ek kyk om my en sien ander mense in funksionele verhoudings wat al jare aangaan. Ek wens ek kon my ouers blameer maar hul huwelik is soos iets uit ‘n sprokies boek. Is ek die enigste mens wat vir altyd gaan sukkel om lief te hê, en terug lief gehê te word? Dan skakel ek gelukkig die radio aan. Elke liedjie handel oor een of ander gevolg van die liefde wat ek al soveel keer ervaar het. Daar is nog mense wat een oggend opstaan en besef dit wat hul gister gevoel het is nie meer wat hulle vandag dink nie. Daar is nog mense wie se geliefdes net verdwyn het sonder rede. Daar is nog mense wat op wolke rondsweer en iemand se gisig in elke mootlike scene van die dag sien, nog mense wat verlang, nog mense wat nie met ‘n gebroke hart kan slaap nie, en nog mense wat wonder of hul ooit weer iemand so spesiaal sal ontmoed.

Daarom kies ek om my hart en kop so bietjie te troos. Hart, geniet jouself, en brein, jy mag maar sê jy het ons gewaarsku. Ja. my hart sal moontlik weer een van die dae in stukkies in die kaap agter bly, maar dis ok dommie, jy weet mos watter resultaat om te verwag…Dit is die moeite werd om die bult tot bo uit te klim, net solank jy weer die wind deur jou hare sal voel.

3 antwoorde op Oor liefde, lerieke en skaatsplanke

  1. Ai ek is die ewige romantikus,glo almal het iewers ‘n sielsgenoot, so as jy my vra is daar vir jou een….hoop dit gebeur soos’n regte sprokie wat jy eendag dan vir ons kan vertel..onthou die hart het sy redes waarvan die brein niks verstaan…

    • Tinkerbell…DANKIE!! ewk hoop ook so dat my hart en kop eendag sal saam stem. Dis baie waar. My kop is meestal oortuig daarvan dat my hart haar kop verloor het. 🙂

  2. @sonnet_sestet As iemand wie se liefdeslewe op die ou einde in absolute rampspoed geëindig het, moet ek eintlik stilbly, maar – drie goed, liewe meisiekind: 1. Dit wat ‘n mens verwag, is geneig om te gebeur; 2. Ek dink jy is goeie vriende met jouself, dus kan jy gerus daardie verhouding aanknoop, want jy is nie besig om jouself te probeer aanvul nie; en les bes 3. ‘Tis better to have loved and lost, than never to have loved at all…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.