Ses jaar later

Oktober 27, 2012 in Uncategorized

Ek raak wakker, natgesweet, en kyk op my horlosie.  03:00. Deur my kop flits my droom en ek sien weer hoe die pa sy dogtertjie slaan. Ek hoor haar gille en ek skree maar hy hou nie op nie. Eers toe ek dreig om die polisie te bel laat val hy die wapen, gluur my aan en maak ‘n dreigiment. Die dogtertjie hardloop huilend weg.

As dit maar net in my droom was. As dit maar net ‘n verbeeldings greep kon wees, maar dit is nie. Dit is die selfde prentjie wat homself ‘n paar dae gelede voor my afgespeel het toe ek besig was om kwaste uit te speol buite die speelskool in die plakkerskamp.

Ek staan op, soek my sigarette en gaan blaas rook uit op my stoep terwyl die sterre heel onskuldig vir my glimlag. Ek verwens hul dat hul so ver en onaangeraak is en dat hul niks doen om  hierdie samelewing reg te ruk nie. Hulle bly net daar bo in die lug en kyk hoe onskuldige kinders se lewe verwoes word deur onverantwoordelike grootmense.

 

Ek het ook niks gedoen om die dogtertjie te help nie.

 

Terug in die huis tref ek my huismaat se kat op die sitkamer bank aan. Ek tel hom op en neem hom saam terug kamer toe. Ek het het onbeskryflike behoefte aan ‘n hart wat langs my klop dat ek nie eers omgee date k allergies is nie. Ek is opgekrul terug in my bed en vryf die kat assof hy my liefde na die dogtertjie sa gelei. My neus loop en my oë traan, en dan kom ek agter dis lankal nie meer van die allergië nie. Ek huil. Die kat spring van die bed af en ek is weer allen, baie bewus van die tekort aan troos.

Ek wens ek kon weer agtien wees. Ek wens ek het nooit betrokke geraak in ‘n wêreld soveel meer wreed as die een waarin ek groot geword het nie. Waar is die jong meisie wat nog ses jaar terug geen idée gehad het wat haar drome was nie?

Gisteraand kuier ‘n vriend by my wat ek ontmoed het ‘n paar dae na ek vir die laaste keer by die skool uitgestap het. Hy was toe 30 en ek skaars 18. Vir hom  ‘n herhindering aan jeugtigheid en ‘n simbool van onskuld. Ses jaar later en in sy oê hoop ek is ek steeds die naïewe meisietjie wat op die strand rond dans terwyl haar serp in die wind rondwapper. Ek wens so dit was die waarheid.

“Jyt groot geword” sê hy.

“Ek het” sê ek. “eks nou ‘n regte grootmens” en ek glimlag.

“Jy is.”

Sy woorde brand my.

4 antwoorde op Ses jaar later

  1. 48 going on 17 is hoe ek oor myself voel en myself sien. Dis alles in die kop.

  2. die grensloos hartseer…
    *drukkie*

  3. Baie hartseer,,,,ek het gister “ma” gespeel vir ‘n dogtertjie wat verkrag is….en hey…life goes on and on…

  4. katrina het gesê op Oktober 28, 2012

    ‘n Mens kan nie almal help wat op jou pad kom nie – dis nie ‘n baie lekker gevoel nie, maar dis die realiteit. As daar volgende keer iets is wat jy anders kan doen, dan doen jy dit. Doen wat jy kan en as jy nie kan nie, moet jy ook aanbeweeg. Die lewe is nie maklik nie – sterkte.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.