Contentness

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Ek harloop my hele (ek weet kort) lewe al weg van myself. Vir een of ander dom rede soek ek altyd iets om mee besig te bly of iemand om aan te trek of te voer. Enige iets net sodat ek nie met myself opgeskeep sit nie. Ek het vriende en sorg dat ek selde tuis is, en dat ek dood moeg is waneer ek wel tuis kom sodat ek net op my bed kan neerval en kan vergeet dat dit net ek saammet myself is.

Toe nou die aand sit ek en kuier by ‘n vriend van my. Ons gesels oor die invloed wat mense op jou het en ek hou vol ek word nie meer so maklik daardeur saam gesleep nie. : “tog, ek dink het ‘n invloed op jou. Ek het al agter gekom jy is baie meer rustig as ons saam kuier. Jy is meer content.” Ek skrik myself amper van my stoel af, begin amper in trane uitbars van skok. (hoekom my lip alewig begin bewe as ek oorweldig is weet ek nie) en besef toe dis die waarheid. Vir die eerste keer in my lewe kan ek sonder twyfel sê ek sit stil. Ek hardloop nie. Ek kan net wees.

En dis toe nie so skrikwekkend soos wat ek sou dink nie. Hier het ek ‘n plek in ‘n ander mens gevind waar ek net kan wees. Gelukkig kan wees. Tevrede kan wees. Rustig kan wees. Net myself kan wees. Content kan wees… Hoe wonderlik is dit nie?

4 antwoorde op Contentness

  1. Goeie plek om te wees…geniet die tyd in daai net myself wees…

    Hi daar Sonnet

  2. Dit sal weer beter gaan. Byt vas!

    • Tina! lekker om jou weer te sien op ons nuwe planeet!

      Dit gaan great. ek was net s verbaas toe ek agterkom ek draf nou net so liggies van myself weg.

Los ’n antwoord vir ts. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.