Vandag gaan ‘n wonderlike dag wees

Oktober 18, 2012 in Uncategorized

Gister oggend staan ek op met die gedagte dat vandag wonderlik gaan wees. Hoekom dan nou nie. As mens ‘n sukelende gemoed het, en ‘n brein het wat soms ophou happy hormones produce, dan leer jy met jare hoe om jou eie brein te fnuik. So weereens. Gister oggend staan ek op en besluit dit gaan ‘n wonderlikke dag wees.

Agter in my kop fluister iemand saggies of ek nie maar eerder terug in die bed wil klim en nog ‘n bietjie slaap nie. NEE. vandag gaan ‘n WONDERLIKE dag wees. Erens anders hoor ek: “wat se purpose forfill jy nou eindelik. Niemand sal agterkom as jy vo0or die rekenaar gaan lê en storie kyk nie.” NEE! VANDAG gaan ‘n wondelike dag wees en vir IEMAND sal jy erens ‘n verskil maak. Dis rede genoeg om aante trek en op te staan.

Net na nege tel ek my broer hul se 2 – jarige op om haar op ‘n uitstappie te neem. Sy was laas week siek en is nou weer amper op die gesonde pad. Ek wonder waarheen ons sal gaan en mik blouberg strand toe. Net sodat ek vir haar so vinnig die see kan wys omdat ek weet enige kind voel gelukkig as daar ‘n vars see luggie in die ronde is.

Voor ons uitklim wonder ek wat ek met my handsakkie gaan maak. Ek het onlangs hopeloos te veel met misdaad te doen gehad om dit in die kar te los, en besluit om dit maar oor my skouer te gooi en saam te neem. Ek en Isa trippel af water toe en haar gesigie is die ene lekker kry. Ek vat haar tot by die water dat haar toontjies net net die water raak. Dan kom daar skielik ‘n groot brander. Eers val sy plat op haar boude, en dan om op haar rug, en al wat ek kan dink is dat daar nog ‘n brandertjie oppad is. Ek buk af, gryp die kind uit die water en hardloop so vinnig ek kan terug kar toe. Wie nou wat sien gee ek nie om nie. Ek is bewus dat my handsak ook vinnig in die water was maar dis later se probleem. Laat ek net die kind uit die nat klere kry.

By die kar trek ek vinnig isa se klere uit en maak haar droog. dan draai ek haar in van my klere toe, druk haar in die kar seat, en gooi ‘n kombersie oor haar. Nou moet ons by die huis kom. Ek gooi my handsak inhoud uit. My selfoon wil nie aan nie, en sy skerm is net wit.  Daar is nie nou tyd vir huil nie. Later se probleem.

Om alles te kroon raak ek verstrengel in blouberg se padwerke, en voor ek my self kon kry is ek in die nuwe “my city bus” se baan. Jip, die een wat met ‘n hele sypaadjie van die res van die voertuie geskei word. By die robot vra ek mooi vir die vrou aan my linkerkant of ek voor haar kan inbeweeg om die normale motoriste te join. Sy kyk my nors aan k kyk weg.  Ek druk any way voor haar in.

My dag verloop nie beter soos dit vorder nie en ek wonder vir wat ek myself altyd probeer ooreed dat die lewe eintlik great is as die heelal dit obviously nie vir my beplan het nie. Ek dink aan al die mooi lesse wat my ma vir my geleer het oor dankbaarheid, en oor hoe om positief te bly maar dit alles klink skielik soos ‘n klomp nonsens. Ek moet by my ouma gaan R100 leen want my laaste geld is op. twee ure later en ek het geen idee waar ek dit ingeprop het nie. Ek begin weer vir myself afvrae of ek nie dalk meer sal spaar as ek net wel die geld uitgee om my ritalin te koop nie, maar vergeet ‘n paar sekondes later om daaroor te besin.

My kop bly besig en ek dink aan my ouma wat siek in die bed lê en wie na haar gaan kyk as ek trek. Ek dink aan my siek huismaat wat ek nie weet HOE om te help nie. Ek wonder of my plakkers kinders vanmidag ete gekry het. Ek probeer ‘n plan uitwerk om geld in die hande te kry vir werk toe ry môre en wat op aarde ek vanaand gaan eet. Ek wil so graag huil maar my amperkinders is by my so ek sluk maar die trane af. Nog iemand vloek my uit in die verkeer.

Dan, waneer ek uiteindelik aleen voor mieke se dans klas sit en net wil begin huil oor my kar se aircon alweer nie werk nie, kyk ek by my venster uit. By die muurtjie sit ‘n blanke seuntjie wat ek seker so 8 skat en gesels met die swart sekuriteitsman wat al ver oor sy 50 moet wees. Skielik vergeet ek van my dag en alles wat sleg is en glimlag vir die mooi prentjie voor my. My ma se lesse kom een vir een terug na my; nie die’s wat oor dankbaarheid gehandel het nie, maar die lesse wat gegaan het oor jou probleme se perspektief. Jou lewe is nie so erg nie. Almal het probleme. Almal het stories. Almal wil graag vertel. Wees jy die een om te luister. Op daardie manier het jy die vooreg om by ander te leer. Dit wat hulle goed gedoen het, en dit wat jy nie wil wees nie.

Vanoggend word ek wakker. ek is nog lank nie lus vir opstaan nie en die weer is triestig, maar erens in my kop vertel ‘n stemmetjie vir my: “vandag gaan ‘n wonderlike dag wees”….

5 antwoorde op Vandag gaan ‘n wonderlike dag wees

  1. hoop die dag is wonderlik vir jou!

  2. TS het gesê op Oktober 18, 2012

    *drukkie*

  3. zephur het gesê op Oktober 18, 2012

    Sonnet jy beleef die lewe op ‘n wonderlike manier…hy stamp jou en druk jou om…maar jy sien iets agter die hand wat jou wil plathou…die mooi en die positiewe in die lewe.

    Moet nooit jou uitkyk oor die lewe verander nie…jy sal beloon word

  4. Tien uit tien vir jou! Hoop die selfoon en kamera het mooi uitgedroog.

  5. Ek geniet jou skrywes vreeslik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.