Van ‘n ouer suster

Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie

My baba boetie het hierdie week 21 geraak. Neem aan dit beteken hy is nie meer my baba boetie nie. Ek jaag na my ma hul se huis met af arm en al die oomblik toe ek by die werk klaarmaak want my ma het my gewaarsku dat as ek laat is, dan gaan ek al die pret mis. Toe ek in my ma hul se straat af ry knip ek my oe twee keer. Voor my ma hul se huis staan ‘n spierwit limosine wat duidelik die verkeerde adres beet het…

Toe nie.

Kyk, hierdie is nou nie ‘n stuk oor my ma nie, maar as daar iemand is wat weet dat props ‘n party maak dan is dit sy! By my pa se 40ste het hierdie vroom NG kerk tannie met ‘n leotard en visnet kouse uit ‘n koek gespring. Met ‘n volgende verjaarsdag het die kaapse klopse opgetree. Nou staan daar ‘n limosine voor ons huis, want balonne is net nie genoeg nie. Amazing daai vrou!

Terug by die 14de Augustus: Ek, my twee ouer siblings en hul meder-wesens, my ouers, en natuurlik my baba-boet is toe almal in die limo. Die ding kan blykbaar 10 mense vat. Ek is redelik seker ons 8 is gelyk aan 10 gewone mense. Daar word sjampanje geskiet, tjippies oopgemaak, en ons is hierna na ‘n heerlike seekos resturant om die aand verder te vier. Erens tussen deur al die gebeure sms ek my vriendin Karin. “ja…ons is defnintief nie jou gewone deursnee gesin nie.” sy kom terug met ‘n lang andwoord wat basies daarop neerkom: “wie wil normaal wees?” Ek wil. Net partykeer wil ek gewoon wees. ‘n Gewone mens uit ‘n gewone gesin met gewone begeertes en behoeftes. Maar ek is nie. Ek is opsoek na die ekstreem. Ek lewe van een hoogtepunt na die volgende en so wonderlik soos wat dit klink, dit maak ‘n mens moeg! Ek kyk na Hennie. Kan nie dink hy is al so k kan dit nie groot nie, maar tog, ek kan dit nie ontken nie. Alhoewel die res van ons partykeer dink hy is vreemd en terug getrokke besef ek skielik: dalk is hy die enigste een met die regte idee. Wees normaal, maar omring jouself met mense buite die norm. op daai manier is jou lewe kleurvol genoeg, maar sonder dat jy die gevolge hoef te dra.

Hennie, Ek weet ek hou my baie slimmer as wat ek eintlik is, maar ek wil graag vir jou los met die volgengende riglyne as ek mag:

1) Al is ouers hoe onredelik: hulle doen wat hul doen oor hul glo dit die beste vir jou is.

2) Alles wat geld kan koop kan jy weer verloor: Kennis en ervaring is die enigste uitsonderings. Dink dus mooi waaraan jy jou geld spandeer.

3) As almal vir jou se dit is sleg vir jou, dan is dit tien teen een sleg vir jou.

4) don’t comprimise yourself, it is ll you’ve got.

5) Die Bbel leer ons nie net hoe om ‘n christen te wees nie. Dit leer ons om goeie mense te wees.

6) As jy goed is vi ander is ander weer goed vir jou.

7) Deel.

8) soek altyd die positiewe in alles. Selfs al lyk dit of jy by die donkerste gat staan, daar is altyd erens ‘n brug.

9) Daar is altyd rede om dankbaar te wees.

10) God vra dat ons hom lief te he, deur ander lief te he soos wat ons onself liefhet. alles hou daarmee verband. God wil he ons moet gelukkig wees. Nie soet nie.

Lief vir jou boet en mag die volgende 21 selfs nog beter wees!

8 antwoorde op Van ‘n ouer suster

  1. Hi buddy :

    2012Sorching summer comes, in order to thank everyone, characteristic, novel style, varieties, low price and good quality, and the low sale price. Thank everyone

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    $33 True Religion jeans, Ed Hardy jeans,LV,Coogi jeans,Affliction jeans

    $30 Air Jordan shoes,Shox shoes,Gucci,LV shoes

    50%Discount winter fashion :Sandle,t-shirt,caps,jerseys,handbag and brand watches!!!

    $15 Ed Hardy ,LV ,Gucci Bikini

    $15 Polo, Ed Hardy, Gucci, LV, Lacoste T-shirts

    $25 Coach,Gucci,LV,Prada,Juicy,Chanel handbag,

    $10 Gucci,Ed Hardy sunglasses

    $9 New Era caps.

    give you the unexpected harvest

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.scnshop.com ) =====

  2. Great pos.dankie.

  3. TS het gesê op Augustus 18, 2012

    aha jy is ‘n wyse jong vrou!

  4. frandr het gesê op Augustus 18, 2012

    Jou boet is baie gelukkig met ‘n sussie soos jy.

  5. Julle klink na ‘n heerlike familie!
    Jy is beslis ‘n goeie ousus en ek hoop Hennie neem jou reels ter harte.

  6. Nice! Klink of dit sommer lekker was!

  7. flapoor het gesê op Augustus 18, 2012

    Dit klink opwindend. Voete op die grond mense lyk dit vir my. Carpe diem.xxxx

  8. Julle is uniek! Jou ma klink baie special!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.