‘n Arm omoor dankbaar te wees.

Augustus 11, 2012 in Sonder kategorie

Ek hoor ‘n klap geluid en voel hoe die pyn deur my lyf skiet toe ek die grond tref. “SNAP”. Ek sluk my trane weg terwyl ek sukkelend orent kom en die perd sien rondtrippel in die agtergrond. My kop is dof van die inpak van die val. Ek voel hoe my die pyn deur my regter arm skiet  maar terwyl ek kyk na waar hy gewoonlik hang kom ek agter dit is presies waar hy nie is nie. Ek skrik myself amper flou en begin oor my hele lyf na my arm soek. Na ‘n paar sekondes wat soos ure voel kom ek tot die besef hy het agter my rug ingebuig en dat dit nie sy gewone plek is nie. Met al die addernalien het ek alle logika verloor en gebruik my linkerarm om die ander arm van agter my lyf na vore te bring. Ek het skaars aan die arm geraak toe val hy voorentoe en ek kyk toe hoe hy langs my sy rondswaai.  Ek probeer my skouer lig, my elboog buig, en my pols draai, maar tevergeefs. Dis assof my arm jelly geraak het.

Dan begin ek skree. Dit is soos iets uit ‘n Harry Potter movie. my arm is AF! Die meisie wat saam met my is probeer my kalmeer. Die perde gaan skrik en my omhardloop. Ek moet kalmeer en net weer gaan lê, sy bel die ambulans. Ek sien rede in en gaan lê net daar waar ek sopas op gestaan het. Die pyn skiet deur my lyf en ek kom agter hoe die wêreld om my begin dof raak. “dit is hoe dit voel om uit te pass van die pyn.” dink ek. Moenie die ambulans bel nie, my medies dek dit nie. Bel my ma. Verduidelik vir haar waar ek is en wat gebeur het, sy moet my kom haal. Bel dan vir tannie Elsabe. Ek sou oor ‘n halfuur by haar wees, sê vir haar ek kan nie kom nie. Bel dan my baas, haar nommer is ook op my foon. Ek sal nie vandag kan inkom werk toe nie. Dan moet jy vir Karin bel en sê ek sal moontlik nie by vanaand se vergadering kan wees nie.  Ek sal haar laat weet. Dan moet een van julle die perd vat tot by my kar. Bring asb my handsak en maak seker my mediese fonds kaart is in my beursie. Ek dink ek gaan hom nodig hê by die hospitaal. 

Daarna maak ek my oë toe en voel hoe die wêreld om my verdwyn. Fantasties hoe mens se liggaam tydelik uitsny as hy nie die pyn kan handle nie.

Ek kom ‘n paar keer by net om weer te verdwyn tot my ma uiteindelik 45 minute later by ons opdaag. Ons sukkel om my met so min as moontlik beweging in die kar te kry. Die addernalien het my liggaam begin verlaat en die pyn is onbeskryflik. Ek voel elke hobbeltjie van die plaas pad en skree toepaslik. My ma sit net haar hazzards aan en ry. Oor die rooi ligte, verby karre wat moooi vir haar links hou en die wat dit nie doen nie.

By die hospitaal moet hulle eers wag om goedkeuring te kry van my mediese fonds voor hulle my kan begin help. In watter samelewing leef ons ook darm nie. Ek kan die histerie hoor in my ma se stem wat altyd koel en kalm is. Die ry waarn sy moet staan om goedkeuring te kry gaan oor ‘n dag nie korter weer nie! kan hulle nie solank vir my pyn medikasie gee nie?? “Jammer mevrou, almal moet maar in die ry staan.”

Na twee ure se gekreun het ek goedkeuring. Hulle spuit vir my iets sterker vir die pyn en stoot my bedjie x-trale toe. My humerus is af. Nie gekraak nie, hy het nie geskuif nie, hy is AF. Hy het gebreek presies tussen my skouer en elmboog met die boonste helfte van my arm na die buitekant steek, en die onderkant van my arm wat 130 grade gedraai het en in die teenoorgetelde rigting bebuig is. Dankie nou weet ek ook.

Ek word tot in ‘n gewone saal gestoot en lê hier verder vir 28 ure voor die swelling genoeg gesak het om te oppereer. My ortopeet verduidelik vir my iets van plate, penne en skroewe maar ek hoor maar min van wat hy sê. Solank die pyn net asb kan weg gaan en ek weer meer as my linker arm en nek kan beweeg. die laaste amper twee dae kon ek nog nie opdraai nie, en my bed is steeds vol grond van die val.

Dis nou ‘n maand later. Ek het sny wat van my elmboog tot by my skouer strek, ‘n stut wat my soos robocop laat lyk, en ‘n am wat skeef terug groei, maar dis ok. Ek kan weer tik, bestuur, sms, regop staan en self eet. Ek kan weer skryf, amper weer my kos sny, my eie hare was, en self my tande borsel. Wonderlik hoe mens eers weer dankbaar raak vir jou semi-normale lyf waneer jy amper ‘n deel van hom verloor het! My armpie is die helfte van wat hy was, ek sukkel om my jean vas te maak, en kinders rondswaai en perdry sal vir eers weer moet wag. Maar tenminste sal ek moontlik weer daar kan kom. Baie ander mense het nie daardie voorreg nie!

10 antwoorde op ‘n Arm omoor dankbaar te wees.

  1. Vetjan het gesê op Augustus 11, 2012

    Eina !

  2. TS het gesê op Augustus 11, 2012

    Ai tog… hoop jy voel gou beter.

  3. O, hene tog!
    Mens kan so onskuldig ‘n ding geniet en “wham” gebeur daar iets verskrikliks..
    xxx

  4. Eish!

    Sterkte!

  5. Ek het ‘n redelike idee van wat jy deurgemaak het – het my skouer morsaf gebreek in die knop en loop ook vandag met skroewe en penne.

    Die waarste waar is dat mens eers iets waardeer wanneer jy nie meer die gebruik daarvan het nie! Om met een arm oor die weg te kom (my regterhand, nogal!) is amper ‘n saak van onmoontlikheid.

    Sterkte, en volg maar die goeie raad wat jou fisio vir jou gee.

  6. zephur het gesê op Augustus 14, 2012

    Eina pyn
    Sonnet hoop dat jou arm gou weer 100% sal funksioneer

    Sterkte met die herstel proses

  7. frandr het gesê op Augustus 14, 2012

    Ai tog, dis ‘n vuurproef wat jy moes deurstaan! Dis vir my baie mooi dat jou oorheersende reaksie die van dankbaarheid is. Mag jou arm sommer vinnig herstel. (Tien uit tien vir jou ambulansdrywer-ma!)

  8. Tannie Frann…my ma was, en is ongelooflik! dankie vir die mooi boodskap!gaan stukke beter en elke dag is een dag minder se gesukkel!

  9. tanx Zep….so stukkie-stukkie groei hy terug!

  10. dankie!dis soos jy se.Mens neuk nie met ‘n regter arm nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.