Vir ‘n slag weer tyd om te skryf.

Junie 20, 2012 in Sonder kategorie

My vingers voel heel vreemd hier op die sleutelbord. Half dom ooor hul solanklaas hier was. By skryf. Ek het 20 minute om gou vinnig te tik want die kinders moet opstaan vir skool. My amper-kinders wie ek oppas deur die week en by wie ek oorslaap as my baas hul self nie tuis kan wees nie.

Wat om te tik? Daar is soveel interessante stories wat deur my kop maal wat oor die laaste twee maande met my gebeur het. Die aand toe ek my duim in die gym gebreek het, die besnydenis vergadering waar ek op ‘n date gevra is deur die chief van Nyanga.Daar is die dag wat my krag afwas met hoeder in die oond en al, en ek by ‘n elektrisien moes leer mens skakel net weer die main switch aan.

Skryf ek oor die allerdaagse dingetjies wat my fasineer het. Oor my hart wat deur ‘n hond gebreek is? Dalk oor my dae in die plakkerskamp. Miskien moet ek skryf oor die kerkbasaar wat ons gereel het, of die wynveiling waarmee ek besig is? Oor die wonderlike besoek en rekoneksie met my liefling vriendin Andree? Ek wil vertel oor hoe ek nog steeds vir johny mis, oor ‘n paar nuwe kerels wat my pad gekruis het.

Danhoor ek die getrippel wat by die trappe afkom. Luds is wakker en hy soek ontbyt. Dankie tog ek is nog nie voltyds ‘n ma nie. Skryf moet eers weer wag. Tot volgende keer wat ek weer ‘n laptop en internet kan steel.

5 antwoorde op Vir ‘n slag weer tyd om te skryf.

  1. TS het gesê op Junie 20, 2012

    Welkom terug. Waar is jou laptop?

  2. avega het gesê op Junie 20, 2012

    Jy doen darem interessante ondervindings op. En tussenin oefen jy om ‘n mamma te wees. Hoop jy’t ‘n lekker dag.

  3. HeavyHenry het gesê op Junie 20, 2012

    Lekker om weer van jou te hoor.

  4. zephur het gesê op Junie 21, 2012

    Jou lewe is besig Sonnet…geniet dit

  5. Dag daar! ek het nie internet opvangs hier waar my grote rekenaar staan nie. Spaar nog vir ‘n laptop. 🙂 dankie vir die lees. hopelik is dit nie weer so lank nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.