Verlossing

Februarie 29, 2012 in Sonder kategorie

Ek gooi my kop terug en maak my oë toe terwyl ek met die klip-paadjie na my voordeur stap. Die skaduwees van die bome se  takke wat oor my gesig val lyk soos ‘n barcode. Lig-en-donker-lig-en-donker-lig-en-donker.

Dit was ‘n lang dag. Ek is vroeg oggend gebel deur ‘n ouer om my in te lig dat die juffrou wat moes oopsluit nog nie by die kleuterskool is nie, en wat moet sy nou maak? Ek spring inderhaas in my kar en jaag deur plakkerskamp toe. Die dag kalmeer nie van daar af nie.

By my hek in gestap terwyl die bome sy strepies kode vorm hardloop my hond my tegemoed gekom. HY is bly om my te sien. Die dag toe ek hom gekry het het ek dadelik besluit sy naam moet Joshua wees. Dis beteken God verlos, en dalk is ek di everlossing wat God vir hom gestuur het. Hoe verkeerd was ek nie. Hierdie hond het my kom verlos. Hoe heerlik is dit nie om tuis te kom na ‘n lang dag met ‘n asempie wat ALTYD bly is om jou te sien nie…

6 antwoorde op Verlossing

  1. TS het gesê op Maart 1, 2012

    Ja dis net jammer hulle gaan almal dood.

  2. loudavisi het gesê op Maart 1, 2012

    Soms voel ek skuldig oor ek nie genoeg tyd aan ons honde spandeer nie.
    Hoop vandag is rustiger.
    xx

  3. dis waar ne…maar alles gaan metter tyd dood. My uitkyk op dit het ek besluit is dat solank die vreugde wat mens uit hul lewe is meer is as die hardseer is as wat met hul dood gepaard gaan, dan is dit die oeite werd. 🙂

  4. HeavyHenry het gesê op Maart 1, 2012

    🙂

  5. honde gee onvoorwaardelik en ja, hulle verlos ons

  6. frandr het gesê op Maart 2, 2012

    Dis baie lekker om weer van Joshua te hoor!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.