glimlag
Februarie 26, 2012 in Sonder kategorie
Ek staan in die kerk en ruik my hande. Dit ruik soos grond na al die tuinwerk die naweek. Lekker, dink ek en kom dan weer agter ek is onderstel om saam met al die ander mense te sing. Die meisie langs my is ongetwyfeld ‘n onderwysseres. Ek kan dit hoor aan die manier wat sy sing, en kan dit sien aan haar uitrusting, haarstyl en die manier wat sy haar gesig trek. Die man wat die voorafsang lei laat my dink aan Rickey Martin en ek glimlag. DIT gebeur deesdae nogals baie.
Dis hierdie glimlag ding waarvan ek nou praat. Ek betrap myself gereeld waar ek glimlag, dalk op my onderlip byt, of partykeer selfs hard-op lag. En dis heerlik. Ek sal sit in my kombuis en koffie drink en my mondhoekke sal begin krul. Iemand sal my vra aan wie ek nou dink, en die eerlik andwoord sal moet wees :” aan niemand, ek glimlag sommer oor ek so ongelooflik gelukkig is”
rosiemetdorings het gesê op Februarie 26, 2012
geniet en waardeer dit.
wonder ek nou aanmekaar hoe sing ‘n skool juffrou anders as ander mense 🙂
loudavisi het gesê op Februarie 27, 2012
Dis oor jy dit wat jy het en is waardeer, Sonnett….en dan natuurlik ook die verliefdheid (?)
xx
Neander het gesê op Februarie 27, 2012
Geluk!
TS het gesê op Februarie 27, 2012
klink te lekker… die liefde het daarmee baie te doen
Modigliani het gesê op Februarie 27, 2012
WOnderlike plek om te wees!
HeavyHenry het gesê op Februarie 27, 2012
Nice pos – jammer oor die sterre ding – was besig om die opname “pop-up” te probeer toe maak, toe dit toemaak…
vdmbj het gesê op Februarie 27, 2012
Dis wonderlik. Baie mense gaan jou beny.
Sonnet_Sestet het gesê op Februarie 27, 2012
nee dis reg so hoor! nou weet ek wat jy van al my bonsende borrels dink! 😛
Sonnet_Sestet het gesê op Februarie 27, 2012
ag en wat SAL die lewe darm nie wees sonder die liefde nie! maar op die stadium probeer ek myself in toom hou en weier om hals oor kop verlief te raak.laat ek maar eers soos ‘n kat in die boom sit. dankie vir lees en al die kommetare! dit word elke keer waardeer! 🙂
Sonnet_Sestet het gesê op Februarie 27, 2012
Ag…ek is so bly jy hou van hulle, want vir my? Vir my maak hulle nogals mal. Jy weet mos…amper soos die borrels op mes se rekenaar screen saver. Hul bons van een kant to die ander kant sonder om te bars! Juis daarom wat ek moet skryf. Want da npop hul uiteindelik en ek weet wat hul in die eerste plek laat borrel het. ?
Oor hoe ‘n onnie sing? Kyk gerus by Koningin Rosedoring! Tanx vir lees!
Sonnet_Sestet het gesê op Februarie 27, 2012
Ag Lou! Dankie! Dis net ‘n ma of ouma wat met sulke wyshede in hul grysstof kan rondloop! Voel my ek het ‘n wêreld wye web se ondersteuning hier op my skerm! Soos ek vir Tina gesê het, ek sal eers moet leer om stabiliteit in my eie geluk te vind voor ek sal kan gelukig wees saam met iemand anders. So baie soos die muse my siel aanraak, net so baie weet ek dat as ons dinge aanjaag, dit lelik sal aanbrand. So laat ek maar eers wag met die verlief raak. En leer glimlag vir myself.
Sonnet_Sestet het gesê op Februarie 27, 2012
Sjoe! Dis ‘n moeilike vraag om met letters te moet andwoord.Wens ek kon my brein op youtube plaas….
Juffrouens, en veral die in die primere fase, sing soos goed-opgeskote-engele, met suiwer note en en perfekte artikulasie wat hul lippe uiter met die swlfde passie wat hul gehad het op hul huweliks-nag. Hulle sing perfek op die noot en hoe hoër natuurlik hoe beter.
Dis natuulik nie so vir alle juffrouens nie, en natuurlik is dit ook nie NET juffrouens nie… hierdie is slegs die stereotipe wat ek in my kop geteken het. 🙂
Nou hoop ek nie ek trap tone pers nie…
Sonnet_Sestet het gesê op Februarie 27, 2012
Ai almal! SO lekker om te weet iemand lees al die prentjies wat in my kop geteken word!
HeavyHenry het gesê op Februarie 28, 2012
🙂