Home is where the heart is

Februarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit agter my lessenaar en kyk na die stomer-mop wat in die hoek van my kamer staan. Ek voel hoe my rug effens kramp en is bewus van die veelvoudige seer- en stukkend-plekke aan my voete. Dit was weer een van daai weke gewees. Moeilik, lank, maar lekker.

Ek is nou al vir amper ‘n maand in getrek in my nuwe huis. In my kaste is daar nog swartsakke wat uitgepak moet word, blikke verf wat op die mure moet geplak raak, en plante in my tuin wat nog moet skuif of verdwyn. Tog, dit is my huis. Dis my bed, my meubels, my huismaats en my hond. Hier en daar vind ek nog haak plekke waarby ek sal moet aanpas, maar saans waneer ek my oë toemaak kan ek voel hoe die mure my beskerm en my muur horlosie vir my slaapritmes maak.

Tog, so lekker is dit om saans my kamerdeur toe te trek en my kop op die kussing nee rte lê, net so lekker is dit om soggens op te staan en dinge te begin doen. Ek sien soveel van soveel verskilende wêrelde in ‘n 50km radius van my huis en die wonderlikste ding van my dae is dat dit selde verloop soos ek dit beplan.

 

Woensdag aand kom ek sesuur by die huis. Ek maak ete vir my huismaats en die se gaste vir die aand en leer die besoekers ken. Daarna maak ek ‘n sak vir Miekie wat gaan kamp, en maak 100 balonne vol water vir Luds se speletjies-dag by die skool. Ek dink daaraan dat my lewe dalk bietjie anders is as meeste 23-jariges.

 

Donderdag moet ek ‘n juffrou by die kleuterskool inlig dat dit nou tyd geword het vir ‘n geskrewe waarskuwing. Na dit hardloop al met die stofpad van die plakkerskamp af om ‘n bok te gaan aankeer wat weg geraak het. Wat doen ander 23-jariges 08:30 op ‘n donderdag oggend? Wat doen MEESTE mense 08:30 op ‘n donderdag oggend? Terug by die skool sien ek daar stop ‘n lorrie by ons soortvan hekke. Hulle laai die nuwe toilette af. Ek skree en hardloop nader. Die man sê hy het nog niemand so opgewonde gesien oor ‘n opslaan yoilet nie, en hy is redelik seker ek HET my eie toilet by die huis. Ek lag. Tyd om te ry want ek moet gaan bome soek om Saterdag saam met my gemeente te plant vir hul kwartaalikse uitreik na ons Greenpark projek.

 

Oppad klim ek vinnig by die R300 af om ‘n stop te maak in Kuilsrivier. Andree, my lang verlore skool vriendin wat deesdae in Parys (die een by die vaal rivier, nie die een teems nie) woon, se ma verjaar vandag, en aangesien hierdie tannie my groot gemaak het waneer my ma nie meer kans gesien het nie, wil ek gou gaan geluk sê. Groot is my verbasing dus toe Andree self die deur oop maak. Ek dog sy kom eers vanand?

 

Ek kuier heerlik oor ‘n koppie tee en ‘n skyf driehoekkie tert en voel erg nostalgies waneer ek die staple huisgenote langs die toilet kry en die porselein eendjies wat vir my van die muur af loer. Andree, haar familie en haar huis is OOK huis. Home is where the heart is.

 

Donderdag middag is ek weer by my kids. Ek draai amper om terug skool toe toe miekie my vertel van ‘n maartjie wat lelik is met haar. Hulle gaan op hul eerste kamp en Jana het gesê sy mag nie saam met hul in ‘n kamer slap nie. Ek wil die tien-jarige bi-atch se ponytale gaan trek maar weet dis juis tye soos die waneer ek myself op ‘n afstand moet hou. Of ek nou so dink of nie, hierdie is NIE my kinders nie. Tog, ek kry vir Miekie uit die diepste van my hart jammer. Sy vertel my dis oor Anneke en sy nou BFF’s is, en Jana is kwaad want SY en Anneke was eers BFF’s… (‘n BFF is klaaarblyklik ‘n “best friend forever”, net sodat jy weet want ek het nie.) Ek vertel vir miekie sy moetie worry nie, want dit gaan ook verby. Daar kom ‘n stadium wat jy geen meer begeerte het om te behoort by mense wat aansien het nie, en dit vir jou baie lekkerder is om jou eenkant te hou met mense wat jou gelukkig maak. Dis juis hoe ek en Andree ook mekaar gevind het.

 

Vrydag is my werk-van-die-huis-af-dag. Teen tienuur besluit ek dist yd om my palnte water te gee. Die agterdeur swaai toe, en ek besef ek het nie die sleutel op my nie. Hoe nou? My Huismaat wat om die draai werk andwoord nie, en die ander een werk doerie kant. Ek skop eers goed rond in die tuin uit furstrasie en begin dan planne maak. Na ek tien keer om die huis gestap het en seker gemaak het ek kan nie op enige manier inkom nie besef eke k sal ‘n ander strategie moet gebruik. My handsak wat my kar sleutels in het lê iewers langs my bed wat dalk binne bereik kan wees. Ek loop weer om die huis en kry dohr se stomer mop in die garage. Hy het ‘n hak aan sy steel wat lyk soos ‘n herder se kierrie. Net wat ek nodig het besluit ek en beweeg na my kamer venster. Ek balanseer die stormer aan sy stoom kant en prober met sy haak vang wat okal langs my bed lê. Met die eerste vans kry ek ‘n skoen en met die tweede ‘n blomkrans – moet nie eers vra nie- maar na die derde slag het ek my handsak. Ek klim in my kar en ry maar. Wat kan ek tog anders doen?

 

Saterdag is dit weer 6h op staan om plakkerskamp toe te gaan. Vorige aand was ons tweede dak-nat-maak, want een is net nie genoeg nie. Dus jag ek Kuilsrtivier toe om die gemeente gemoed te kom met ‘n kop seer. Die oggend verloop goed, en die Greenpark gemeenskap het ses nuwe bome by gekry. Die middag terug by die huis was ek wasgoed, help die huishulp skoonmaak, en na sy weg is sak ek op my kniee en smeer wit-polletoer aan ons kurkdroë hout vloere. Die vorige huurders het blykbaar geen respek vir hierdie pragtige huis gehad nie. Later ontwerp ek plakaate wat ek die volgende oggend gaan nodig hê vir die terugvoering van 2011 se vordering in Greenpark. Ek vang die winkelsentrum net betyds oop om dit te kan laat print en na drama daar ook nog is ek moeg. Ek het net my kop neer gesit toe die telefoon lui. Dit is die muse en ek begin sommer huil. Dis die eerste keer wat ek van hom hoor sedert die 14de. Ek tel die telefoon snik-snik op, en na ons klaar gepraat het lê ek nog ‘n halfuur onder my geelhoud boom en huil. Sommer oor ek so gatvol is, en min mense ooit terug uitvra oor my lewe waneer ek klaar so belangstellend na hulle dag geluister het. Partykeer wile k ook net moan.

 

Na ek sondag klaar die terugvoering gegee het gaan tel ek vir Andree op. Ons gaan strand toe want more vlieg sy weer terug. Op die strand lê ons en gesels oor alles. Soos regte valies durf ons die koue water van blouberg aan want ons sal liewer stef van koue as om te sê ons was by die see maar het nie geswem nie. Ons lag oor nostalgiese herhinderinge en besef hoeveel ons gegroei het. Ons lag oor die feit dat tien jaar terug het ons met afgryse na vroue gekyk wat met seliluut boude oop en bloot rond gestap het sondert skaamte terwyl on sons tiener bene onder bord-shorts weg gesteek het. Nou IS ons daai tannies vir wie ons so sou gril.

 

Oppad terug raak ek bewus van hoe bevoorreg ek regtig is. Langs my sit andree. Op verskeie ander plekke is daar nog mense sonder wie my lewe nie dieselfde sal wees nie. My huis beskerm my ja, maar met elke trek weet ek dat ek die huis wat my vriende en familie vir my gebou het nooit sal hoef te verlaat nie. Home is where the heart is.

6 antwoorde op Home is where the heart is

  1. Jy is voorwaar bedrywig

  2. Dit klink beter.

  3. Warrelwindkind!
    xx

  4. TS het gesê op Februarie 21, 2012

    sjoe ja … hier word behoorlik geleef!

  5. Naais traai…het jy al Zen probeer, hehe!
    Okei, net grappie…wat doen jy einlik…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.