Ongewenste water

Februarie 12, 2012 in Sonder kategorie

Joshua het begin om in my huis te piepie. Nee, dis nie dat hy rond snuffel tot hy ‘n lekker stukkie vloer gevind het nie, dit gebeur net spontaan. Waneer ek met hom raas, waneer hy bly is om my te sien, of selfs as ek net sy naam te hard sê. Die vet-shop tannie vertel my toe meeste puppies doen dit maar, maar die kans is goed my hond is gespanne. Ek moet meer met hom gaan stap, en probeer dat hy met ander honde sosaliseer.

Ek het begin om oral te huil. Oor alles. Ander mense kan hul emosies beheer maar blykbaar kan ek nie meer nie. My oe begin dou vir die kleinste emisionele oomblik. Ek tjank as ek met my ma baklei, en tjank as my kombuis vuil is. Ek tjank as my pa vir my vye in die yskas los, en dan weer as ek in my eie huis wakker word en daar is nie vye nie. Tog, waneer ek weet dis tyd om te huil oor iets groot. Dan weet ek om na my kamer te gaan, my kop in my kussing te druk, en gepaslik te treur. Blykbaar moet ek ook meer sosaliseer….In my besige lewe het ek bietjie vergeet om van tyd tot tyd net terug te sit en ‘n koppie tee saam met ‘n vriendin te drink. Dalk sal ‘n stappie met my hond my ook goed doen.

6 antwoorde op Ongewenste water

  1. frandr het gesê op Februarie 12, 2012

    ‘n Rukkie lank het jy my baie bekommerd gehad – maar die einde van jou pos is gerusstellend. O – en daai gevatte opskrif ook!

  2. Moet net nie op die vloer piepie nie!

  3. TS het gesê op Februarie 12, 2012

    Ja die stappie sal vir julle altwee help!

  4. vdmbj het gesê op Februarie 12, 2012

    Stap is goeie oefening. Daar is soveel gefrustreerde honde daar buite.

    Ek dink dis “wanneer” en nie “waneer” nie.

  5. Dankie Barend! Ek weet my spelling is uiters vrot! nog opsoek na ‘n afrikaanse spel-check! Groete.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.