‘n omgekrapte dag

Februarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Ek moet van oggend vroeg inry plakkerskamp toe vir ‘n vergadering met die kleuterskool Juffrouens. Verkeer is dik en ek hoor ‘n voetganger is op die R300 om gery. Ek strip my moer. Vir wat de hel hardloop die blêrrie mense oor die snelweg?

Ek kom by die skool aan. 20 minute laat. My dag is sommer klaar omgekrap. By die hek sit ‘n mamma en huil. Een van die Juffrouens troos haar. Langs haar op die gras sit haar kleindogter wat by ons in die kleuterskool is. Sy kyk my net grootoog aan.

Ek kry die hoof in haar kantoor. Die mamma se kleinseun is vanoggend dood gery op die R300. Hy was oppad skool toe. Hy wou nie oor die brug loop nie want die skollies vang mens daar. Maar hy wou slim wees sodat hy eendag ‘n goeie werk kon hê om vir sy mamakhula en sussie te kan sorg.

En ek dog my dag is omgekrap.

9 antwoorde op ‘n omgekrapte dag

  1. *sluk aan knop in keel*

    Sjoe, dit is verskriklik hartseer.

  2. ag nee man, daar donner jy my dag ook nou op

  3. ook aanvanklik gewonder hoekom hy nie die gegewe veilige roete volg nie – tot ek verder lees

  4. Dis juis die probleem. Ek doen dieselfde…maar ons besef nie dat agter die “idioot wat oor die pad stap” ‘n persoon oppad erens heen is nie.

  5. Dis sad…

  6. Hordes betaalde councillors , kerke op elke hoek,
    maar geen leier organinseer die gemeenskap om die
    skollies op die brug vas te vat nie. Polisie ?

  7. Ek weet. Dis belaglik. laat ek nie eers by die polisie begin nie. Ek het al stories gehoor wat die polisie vir mense sê, “slaan self die diewe. Ons soek hulle nie lewendig nie”

    Alles goed en wel, maar wie word dan op die moord aangeklae?

  8. Dinge werk so wereld wyd…ek is al bv hie rin China deur ‘n skelm taxi bestuurder met ‘n mes gedreig, toe ek later by die pote uitkom, het hulle net wittand geglimlag, en skouers opgetrek. Toe ek wou weet wat moes ek doen as die doosdrywer my probeer vermoor het, was hulle antwoord netso, bliksem hom!!
    Jaak, Polisie verskil ongelukkig nerens waar jy kom ter wereld nie…hulle wil meestal nie gepla worre nie…dus meot die kinners leer om hulslef te verdedig, dis al opsie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.