‘n Storie uit die Plakkerskamp

Februarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek voel hoe die sand vassit tussen my sandaal strap en my voet. Dis weer ‘n WARM dag in Greenpark Informele Nedersetting. Die sweet maak druppels op my voorkop. Ek stap al met die sand-pad langs na Kathy se huis. Sy het gister by die kleuterskool aangekom en gesê sy wil met my praat oor die nuwe wit kinders.

Gary se kinders.

Haar huisie is klein en bedompig. Ek gaan maak myself tuis op ‘n krat in haar slaap/leef kamer en kombuis. “tee vir Sonnet?” nee dankie. Dis te warm.

Sy begin deur my te vertel van haar gesonheid, haar dogter wat in die kooi is met die voet, haar hond wat sy maandeliks self dip, en hoe sy hom aan die boom vasbind sodat hy nie die vlooie kan gaan soek nie. Ek leun terug en kyk by die voordeur uit na vanwaar die hond tjank. Hy lê in die enigste kolletjie skadu wat hy onder die geraamte boom kan vind. In my kop bevestig ek vir myself oor en oor ek kan nie al die kinders en diere help nie. SPCA kom maak ‘n maandelikse draai, laat hulle dit uitsorteer. Ek wonder waar my Josh kind sou wees as ek hom nie ‘n maand terug saam met my huis toe geneem het nie.

Dan begin ouma Kathy my vertel van die storie waarvoor ek nou eintlik gekom het. Oor Charrone en Clhloe-Lane. “Kyk Sonnet, hyt self na my gekom met die storie uit sy mond. Ek was sy eerste vrind hier in Greenpark. Hy het so paar maande terug sy kinders gevat en van die vrou weg geloop want sy tik en drink te veel. Nou sit hulle hier. Dis nie ‘n plek vir ‘n wit man nie.”

Ek merk op hoe hierdie storie my nie meer skok nie. Ek dink oor die laaste drie jaar het ek al te veel van hulle gehoor.

“nou gister, toe ons die kinders vasdruk om te bad, skrik ek my mos van my perde af. Die oudste het toe skoon ‘n onderbroek aan. Ai Sonnet, dat hul nie eers geld het vir ‘n ou pentietjie nie. Nou ja, Gary is mos nou die dag by die brug vas gedruk toe hy oor loop Delft toe met die kinners en da’t hul al sy geld gevat, en sy base by die koei plek, hul trek net hulle se skouers op. Ek gat skel hulle toe. Sê vir hulle hulle moet vir Verwoerd gaan wakker maak sodat hy hul nou kan vertel waarom hy apartheid uitgedink het. ‘n Wit man moet nie so lewe nie. Nou jy sien Sonnet, ek is mos nog ‘n Kaap-meit. Ek het daar in die district gebly. Die wonderlikste dae. Nou sit ek hier tussen die darkies. Hier het nou al selfs Soetoes in getrek. Maar ja. Ek wil eintlik weet Sonnet. Kan ons nie vir ou Gary help met die kinders nie?”

Ek wens ek kon, maar ek weet dis nie moontlik nie. In die huis langs Kathy woon ‘n Dogtertjie wat laas week verkrag is, wat nou weer moet aanspeel in die tuin asof niks gebeur het nie. By my kleuterskool is ‘n meisie ingeskryf wat die ouma daar aangebring het. Al wat die ouma van die kind weet is die jaar waarin sy gebore is en haar noem naam. Verder niks, die ma het geloop. Ek sien op die welsyns lyste dat 70% van die kleuterskool se kinders in huishoudings woon waar die maandelikse inkomste minder as R600 ‘n maand is. As ek vir Gary help, wat vertel ek die res van die mense? Ek self het nog nie die geld om my water en elektrisiteit aan die einde van die maand te betaal nie. Hoe moet ek al hierdie mense voed?

Tog, ek troos myself daaraan dat die kinders twee maaltye ‘n dag kry by die kleuterskool. Dat ons hulle hier leer van liefde, respek, en waardes. Vir ander, maar natuurlik ook vir hulself. Hier kan ek vir die kinders drukkies gee, hoop gee, en drome gee.

Mense sê hulle is al so gatvol om te hoor alles is apartheid se skuld. Ek ook. Maar omdat ons gatvol is, en kwaad raak omdat ons land ‘n gemors is, en net al die “swartes” die werk kry, beteken dit ons moet ons rue draai op al die wat in onskuld lei? Beteken dit ons kan besluit dat ons mense onder ‘n kam skeur gebaseer op sy sosiale status? Beteken dit ons kan ondankbaar wees oor dit wat van ons weg geneem word, en ophou kyk na dit wat ons nog het?

‘n andwoord is daar seker nie vir al ons problem nie. Ek sien uit om te hoor wat Zuma more aand vir die land voorstel. Maar tenspyte van wat hy kwyt raak dink ek dit is tyd dat ons almal ‘n slag verandwoordelikheid neem vir ons self. Om op te hou kyk wat ander kry, en begin kyk wat ons self kan bereik.

7 antwoorde op ‘n Storie uit die Plakkerskamp

  1. wittes gun andere fokkel…dis sad maar feite…

  2. STC het gesê op Februarie 9, 2012

    Met traan lees mens ander se struggle…maar jou gewillige oor is klaar ‘n pragstuk.

  3. avega het gesê op Februarie 9, 2012

    FW, dis so ‘n onvanpaste (en absurde) opmerking om te maak op ‘n WIT meisie se blog waar sy met hartseer en empatie vertel van die omgewing (en swaarkry) waar sy VOLUNTEER werk doen om SWART kindertjies se lewens beter te maak.Jy behoort jouself te skaam, maar eks bevrees dis dalk nie vir jou moontlik nie, want jou onderskeidingsvermoë is non existent.

  4. avega het gesê op Februarie 9, 2012

    Sonnet, jy ken seker die storie van die seesterre waar ‘n kind een op ‘n slag terug in die see gegooi het en iemand gesê het, “Hoekom doen jy dit, daar is te veel dit gaan geen verskil maak nie” toe sê die kind terwyl sy een terug in die see gooi; “Aan hierdie ene maak dit ‘n groot verskil!” EK BEWONDER WAT JY DOEN en onthou dit maak ‘n verskil, een op ‘n slag.

  5. Jou laaste paragraaf sal help.

  6. Ek het nie nou woorde nie.
    Net trane vir al die seer.
    Mooi stukkie omgee hierdie Sonnet.
    x

  7. Haha…sjoe Francois… Uitgesproke opinie. Maar ek hoor waar jy vandaan kom! Ek stem saam met jou in ‘n opsig dat die gemidelde wit afrikaner way te maklik moan en hopeloos te min dankie sê. Tog, net soos dit onderegverdig is om te sê dat al die arm kleurling en swart mans wat langs die pad stap of by die robotte leeg lê, skelms is wat ons gaan beroof en verkrag; Net so is dit ‘n onderegverdige stelling om te sê “wit” mense gun niemand niks. Ek stem saam ja, daar is BAIE sulke wit mense wat pesimisties en paranois is oor alles. Ek weet, dis gewoonlik die mense wat ek nader vir borge. Maar dis onregverdig om te state dat dit alle wit mense, en slegs wit mense is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.