Oor Ma’s

Februarie 4, 2012 in Sonder kategorie

Voor ek mode-onwerp gaan studeer het was ek eers besig met my BEd kursus aan die universiteit Stellenbosch. Juis oor ek so lief was vir kinders. Is nogsteeds. Daarom, my werk as ‘n Au Pair is vir my wonderlik. As ek ‘n groot genoeg salaris kon kry het ek dit vir altyd gedoen. Basies word jy gehuur om een of twee kinders se ma te wees terwyl hul eie een werk. Een tot een. Hart tot hart. Jy maak vir hul kos, help hul met huiswerk, troos as hul geval het, gee advies en  beandwoord vrae wat hul oor die lewe mag hê. Daarom was dit vir my niks vreemd toe my kind my so paar dae terug in die kar genoeg vertoue gehad het om met my oor die volgende te praat nie.

Miekie: “Die kinders het vandag vreeslik in die LO klas gelag toe die juffrou oor DIT begin praat. Dit is nie vir my so snaaks nie.”

Nou mag ek ook nie lag en ongemaklik raak nie. Ek wil mos nou juis die kind oorreed seks is ‘n great deel van die lewe op die regte tyd en plek, en dat haar lyf wat gaan verander so normaal en niks vreemds is nie.

“nou verstaan jy alles wat die juffrou jou geleer het?” vra ek sodat ek kan agterkom waar ek die prentjie nog duideliker moet inverf.

Ek brand om ‘n ma te wees, besef ek skielik. Ek vertel vir Miekie hoe haar hormone vir haar gaan besluite neem, en ek wonder of dit nie maar myne is wat MY ook nou pla nie.

Die aand toe ek by die huis kom begin ek kook vir die gaste wat vanand oorkom. Ons drink ‘n glas wyn in die tuin en ek demonstreer al die toertjies wat ek al vir Joshua aan geleer het in die laaste week. My vriendin meld dat sy eendag gaan terug trek Kaap toe sodra sy kinders het, want dan kan ek hul vir haar groot maak. Enige tyd! HET jy al gesien hoe oulik is babtjies.

Maar die aand begin Joshua hoes. VREESLIK. Ek maak vir hom ‘n warm-watersak, en maak seker dat hy eet. Vanaand sal hy maar by my in die kamer moet slaap sodat ek hom kan dop hou.

Na heel aand se pamper en opcheck besluit ek net na twee dat die hond is te siek en ek weet nie of hy die oggend-lig gaan sien nie. So rationeel soos wa mens moontlik hierdie tyd van die oggend KAN, neem ek die besluit om met hom na die 24/7 kliniek te gaan.Vearts bevoel hom en kyk af in sy keel. Kan of ‘n beentjie in sy keel, of kennel cough wees. Ek moet hom maar deur die aand dop hou en more weer terug bring.

Die aand slaap ek niks. Volgende oggend sit ek verlof in. Ry met met Josh veaarts toe, en kry die diagnose. Dit is toe die hond-griep ding. Kink-hoes vir vierpoot kinders. Ek moet hom maar fyn dophou, drie keer ‘n dag hoesstroop gee, en ‘n pilletjie na ontbyt.                      Vader tog.

Nou kan jy sien hoe ek agter my hond aanhardloop, want na twee hoes-stroop sessies weet hy waar dit gebêre word, en maak spore sodra ek in daai rigting beweeg. Dan moet ek hom teen sy sin vaspen en nog die pil ook ingooi gevolg deur ‘n spuit vol water sodat hy geen ander keuse het om te sluk nie.

Deur die dag is dit beter maar in die aande hoes my hond onophoudelik. Toe my een huismaat my gisteraand wakker maak oor sy nie deur die hoes kan slaap nie, staan ek maar op, gaan sit by my hond, en probeer hom kalmeer. Daarna maak ek weer vir hom ‘n bed in my kamer en hoop dit maak hom rustiger. Spuit weer hoesstroop in sy keel af, en tap vars water.

Vanoggend is ek moeg, maar my hond lyk beter, daarom voel ek nie eers die tamheid nie. Ek gaan kombuis toe, vee uit, was toonbanke en maak ‘n lysie van kruideniersware. Niemand waardeer dat ek die huis skoon en netjies hou nie, dink ek.

Net toe gaan staan ek stil. Ek hoor my ma. Net soos ek haar hoor waneer ek vir my Au pair kinders vertel ek het net twee hande. Net soos sy waneer sy met HAAR hond praat. Presies soos sy waneer sy klae oor almal dink dis HAAR werk hom die huishouding te run.

Ek kry nuwe waardering skielik vir die vrou wat met al haar eie drama’s altyd vir my opgestaan het waneer ek nie kon slaap nie oor ek gehoes het. Ek voel meer dankbaar oor sy nooit meer geklae het as wat eintik nodig was nie. Ekl dink aan al die kere wat sy my rond gery het van aktiwiteit tot aktiwiteit, tot aktiwiteit. Wat ‘n wonderlike vrou. En daar is miljoene van hulle.

Dis vir my fasinerend hoe ons hormone tog werk. Ons moederlike instinkte. babatjies bly oulik selfs al gooi hulle op. Vir kinders bly jy lief al is hul selfsugtig. Dalk is dit oor party vrouens nie weet wat ‘n baba hê alles behels voor hul begin kinders kry nie dat hul nog so gretig is om met ‘n gesin te begin. Dalk nie. Maar vir elke ma wil ek ‘n monument voor oprig oor hul liefde nooit opraak nie, maak nie saak hoe oud en groot die kind is nie.

Ma…vir jou wil ek net se thanx! Ek kan nie wag om soos jy te wees vir my kinders nie.          Eendag!Laat ek maar eers vir Josh groot kry!

11 antwoorde op Oor Ma’s

  1. Jy sal ‘n baie goeie ma wees!
    Sterkte met Josh.
    xx

  2. frandr het gesê op Februarie 4, 2012

    Dis baie, baie mooi en ek hoop jou ma sal dit te lese kry? Ek lees heerlik hier by jou. Laat weet asb hoe dit met Josh gaan – daai hondjie het behoorlik in die botter geval :o)

  3. *****

  4. Jy verstaan kinders en honde, en dis ‘n groot pluimpie!!

  5. different strokes for different folks…thanks goodness…

  6. katrina het gesê op Februarie 4, 2012

    So verstaan ons baie meer omtrent ons ma’s namate ons ouer word en in soortgelyke situasies kom. ‘n Ma se liefde is amper ondefineerbaar. Mooi geskryf.

  7. TS het gesê op Februarie 4, 2012

    sterkte

  8. Mooi! Wat ‘n lekker kuier het ek nou hier gehad so op die Saterdagmore.

  9. Nice!

    🙂

  10. avega het gesê op Februarie 4, 2012

    Jy klink na ‘n goeie au pair! en hondmamma!

  11. Die grootste monument vir mamma’s wat onvoorwaardelik liefhet en vir wie niks ooit te veel is om vir hulle kinders te doen nie! Dank die Here ek het so ‘n moeder… Kyk mooi na jou vier-been-kind!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.