My nuwe muse en my hart

Februarie 1, 2012 in Sonder kategorie

My hart bons so bietjie toe ek hom weer die eerste keer in ‘n paar weke sien. Dis vanaand my gesin se maandelikse bymekaarkom-ete en ek het dit goed gedink om hom te nooi.

My familie kan nie so vreemd wees soos wat ek sê nie, sê hy.

Nou kom kyk dan vir jouself,sê ek.

En daarom is hy vanaand by die voordeur van my ouer huis.Om vir hom self uit te vind dat agter die normale voorstedelike huis, woon ‘n paar vreemde, stabiele, stanvastige normale prokereurs,hul aanhangsels, en die fashion designer wat in ‘n plakkerskamp werk. Seker maar soos baie ander stabiele, standvastige, normale voorstedelike gesinne.

Die tema vir vanand se familie ete is: “if I weren’t ….. I whould have been….” en elkeen kan self die lee spasies invul. Ek is aangetrek soos ‘n swanger getroude pripremêre jufrou met ‘n voorskoot aan, en hy het gekom as ‘n couch-patato. My pa is aangetrek soos kersfeesvader (ek weet nie hoe hy daarby uitkom nie) en my ma het haar trourok aan net om te wys sy kan nog. My suster kom as “perfek” want as sy nie haarself was nie, sou sy steeds perfek wees. By broer-hul se baba dogterjie is aangetrek soos ‘n seuntjie en hy soos ‘n advokaat. My jongste broer Hennie het ‘n blonde pruik op en ‘n rok. Hy en die baba het blykbaar die selfde idee gehad.

Ek kry my muse so bietjie jammer.Glo dit moet heeltemal oorweldegend wees vir enige vreemdeling, maar ons drink net wyn en vang lekker op. Die res van die naweek help hy fluks met die trek,(o ja wag, hy is eintlik my huismaat Dohr se vriend) en ek kom bewustelik agter hoe geinspireerd en vreedsaam my siel saam met hom is. Ons gesels oor ontwerp, kuns, en oor hoe die lewe is as “die anderse een”. Met my hele hart wens ek hy hoef nie aan die einde van die naweek weer terug te ry oor die berg na sy eie realiteit en wesentlike bestaan nie. Tog, ek weet hy moet.

Nou is dit weer die middel van ‘n volgende week. Ek sit in my tuin en verlang om langs hom op die gras te lê onder die groot geelhoud boom. Tog, daar is die twyfel in my. Wat maak hom anders as al die ander vorige kêrels? Hulle almal was ook aanvanklik fantasties, en alhoewel hy my wese aanraak op ‘n heel ander vlak bly hy steeds net nog ‘n mens. Nog ‘n mens wat my hart kan breek. Nog ‘n kêrel wat na ‘n paar maande kan agterkom ek is nie wat hy wil hê nie. Nog iemand wat kan wegloop en aanbeweeg terwyl ek weer die stukke van hoop en verwagtinge van die vloer moet optel.

Mense sê altyd:wees versigtig, be carefull of who you give your heart to.Ek WEET. Dit maak sin. Ek ken van wat gebeur as mens dit nie doen nie. Maar verduidelik tog vir my, HOE hou mens jou hart vas? Hoe gee jy iets ‘n kans sonder jou hart? Verlief raak: ek WIL nie. Maar om te laat gaan en weg te stap, dit voel ook nie vir my soos ‘n opsie nie. Vat dit soos dit kom? En dan?

Stabiel, standvastig en normaal. Waar kan ek dit tog kry? Sal dit dalk vir my die andwoorde bied wat ek so graag soek? Sal dit dalk my hart beskerm. Ek sê vir jou. Dis nogal moeilik om jonk te wees.

3 antwoorde op My nuwe muse en my hart

  1. Dis die lewe… GEEN waarborge! ‘n Kans wat jy moet waag… netnou is die kans GELUK!

  2. Hou op worry oor al die “maybe’s” geniet die NOU.

  3. Luister na wat Jeanne se – sy’s reg!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.