2012, my jaar vir alles anders

Januarie 10, 2012 in Sonder kategorie

Nuwe jaar, nuwe bladsy, nuwe pos.

2012 is my jaar. Ek reseveer die sitplek.

Ek was amper ‘n maand laas hier. Willekeurig en onwillekeurig. Maar nou is ek terug.

Hierdie jaar gaan ek skryf tot die letters in die rook rondhang wat ek so graag uitblaas. Ek gaan skryf sodat my kop kan skoon raak, en my binneste weer skoon kan voel. Op die oomblik voel my wese verstop. So assof my sinusse in my brein sit.

Maar hierdie jaar…hierdie jaar gaan ek dit verander. Teen almal se raad en wense vir my wese het ek besluit om hierdie jaar te gaan stil staan. Asem te haal. Myself te laat lewe. Ek het nou my kwalifikasie in my hand, en na al die gehardloop en gejaag gaan ek nou ‘n jaar rustig wees, myself ontdek, en sien waarnatoe ek in staat is.

Op 23 voel ek daar is niks wat my jaag om pensioen bymekaar te begin maak of om te “settle” nie. Na ‘n lang gestry, gehuil en gesmeek, (van my ouers se kant) het ons uiteindelik oor eengekom. Ek kan maak wat ek wil…solank ek geen geld van my pa vra nie. As ek nie ‘n “regte-werk” wil kry nie, dan moet ek dit op my eie tyd en begrooting doen. 

Dis reg so! Ek glo vas my God het hierdie jaar vir my uitgesit sodat ek ander kan help, maar myself ook kan help. Ek wil al my talente ondersoek, en dit beoefen. Ek wil navorsing doen oor wat dit is wat ek in die lewe wil bereik. Dit wat ek gebore is om te doen. Ek wil nie net met een of ander 8-5 werk begin net omdat almal anders glo die tyd is reg nie.

Daarom lyk my plan vir 2012 soos volg:

Soggens gaan ek in Greenpark my naaldwerk skool begin en die klaar bestaande educare centre help bestuur. (greenpark is die plakkerskamp waar ek al ‘n klompie jare by betroke is.)

Drie midae ‘n week gaan ek Au Pair. ( Hirdie is dan ook my pay waarmee ek al die dinge soos huur, kos petrol, kar, ens mee moet betaal.)

Ja…ek weet dit gaan ‘n arm jaar wees, maar die begroting is opgetrek en als lyk of dit kan uitwerk.

Die res van die tyd gaan ek skryf, skilder, kitaar speel, fotos neem, ontwerp, en naaldwerk doen! Ek gaan in my tuin werk en vir my ‘n troetel hoender kry. Ek gaan kook, bak en mense opserveer.

En ek kan nie wag nie…! Hoop 2012 is vir jou ook net so sielsvolle jaar soos wat ek vir myself beplan!

Groete, Sonnet

11 antwoorde op 2012, my jaar vir alles anders

  1. TS het gesê op Januarie 11, 2012

    Hoop jy het die allermooiste jaar

  2. Jy is op die regte pad, liewe kind!

    Ek bid saam dat God se doel vir jou bewerkstellig word.
    xx

  3. louisna het gesê op Januarie 11, 2012

    Mooi jaar en sterkte

  4. pbroere het gesê op Januarie 11, 2012

    Ek sal vir jou die hoender gee. Maar kry dalk eerder ‘n koketiel of ‘n eend. Hoenders is moeilik.

  5. EK wens ek het die geleentheid gehad om dit te doen.
    Jy is baie dapper en ek wens vir jou NET die beste!

  6. Nice!

    Geniet dit! – Leef in die nou, en jy sal sien jy sal nie honger word nie.

  7. jip…ek het maar besluit as ek nie dit nou gaan doen nie, sal ek tien teen ene nooit nie!

  8. Ek soek ‘n kuikentjie! waar kry ‘n mens een? (met die klem op EEN want almal verkoop net 1 000 op ‘n slag1)

  9. as mens nie probeer nie sal jy nooit weet nie ne!

  10. Dankie! ek waardeer dit baie! ek glo ook hierdie paadjie is een van huppel. beteken nie ek gaan nie val nie, maar ek sal tenminste kan huppel! 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.