Ouderdom

September 26, 2011 in Sonder kategorie

Ouderdom is ‘n vreemde ding. As jy 5 is wil jy so graag 10 wees, en as jy 10 is wil jy so graag 5 jaar oud wees. So gaan dit ook met jou tiener jare teenoor jou twintiger-jare, en ek is seker met die res van die stadiums in jou lewe ook.

Dan is daar die ander ding van ouderdom. Tot op ‘n sekere ouderdom het die persoon wat net ‘n bietjie meer ouer as jy is, net so bietjie meer gesag, en dan skielik,  tien jaar later, is die ouer persoon nie meer aan die bo-kant van die hiragie nie. Vreemd.

Ek beleef al vir die laaste drie jaar ‘n quater-life crises. Belaglik, ek weet…maar steeds. Ek is nog nie reg om ‘n grootmens te wees nie, en ek sal enige iets doen om dit te vermy. Tog weet ek hy kom nader. Ek voel hom in my kop en sien dit op my gesig die oggend na ‘n laatnag partydjie. Ek voel dit in lyf waneer ek buk om iets onder die bed uit te haal. (Ek hoor hierdie raak selfs erger met elke jaar wat jy bykry) Ek sien hom ry waneer ek ‘n kind wat eers na my tyd op Hoerskool gekom het agter ‘n stuurwiel sien. Ek is besig om ‘n grootmens te word en ek weet nie regtig hoe om een te wees nie!!!!

 

Waar is die dae van skoolbank en kersbrand… (as ek nou vir oom Koos mag aanhaal uit sy liedjie van ‘n slot-lose bicycle) Die dae waar opdaag goed genoeg was. Die dae van ‘n beter, skraler lyf, voor fronse permanent op jou voorkop agter gebly het.

 

Kyk…hierdie krisis van my ouderdom strike elke jaar op sy ergste die tyd van die jaar, waneer my volgende verjaarsdag om die draai is.

 

Vrydag word ek 23. Ek weet oor 5 jaar gaan ek wens ek was weer 23, maar vanaand voel dit vir my vreeslik oud!

 

Tog, hierdie keer pla dit my nie so erg nie. Ek voel steeds 23 is oor die muur maar ek is effe verlig. Jy sien..nou die aand, toe bel my suster my. (net so terloops, toe sy so oud was soos ek was sy reeds ‘n jaar getroud. No wonder ek voel oud nie!)

 

“haai”

 

“haai”

 

“hoe gaan dit?”

 

“goed dankie self?”

 

“Ag ja wat. Goed. Luister, ek wil hê jy moet met my sondagskool klas kom praat. Hulle is 14. Ek dink dis nodig dat iemand met hul praat oor depresie. Jy het dit self gehad, ek kan dit nie so goed vir hul verduidelik soos jy nie. Die kinders praat oor ander kinders wat hul self sny, die ander een is met dagga gevang, en nog een se broer het die week pille gedrink.Kan jy kom?”

 

“Dis nie ‘n hoofstuk in my lewe wat ek graag onthou nie, maar goed. As jy dink ek kan iemand hel.”

 

Die week delf ek toe en is terug by 14. Stadig stap ek weer deur 15, kyk so bietjie terug op 16, lees weer oor 17, en huil weer oor 18. Sondag aand gaan ek toe na my suster se klas toe. Dis ‘n klomp kinders wat voor my sit. Toe ek so oud was was ek oortuig ek weet alles, en as ek na die knders voor my kyk en deur my dagboek van daai jare lees, kom ek vinnig agter dit was net ‘n illusie.

 

Ek vertel hul van my ervaring, en soos ek aangaan besef ek dat dit waarvoor ek so bang was het klaar gebeur. Ek is ‘n groot mens en dank die Vader vir dit. Ek worry nie meer of ek goed genoeg is vir ander nie. Ek worry nie meer wat wie sal sê nie. Ek hoef niemand niks te vra nie. Ek kan my eie besluite neem, self uikom waar ek wil wees, my eie mens wees soos ek wil.

 

Ek is seker van wie ek is, het soortvan ‘n idee waarheen ek oppad is, en ‘n duidelike prentjie van waar ek vandaan kom. Ek het meer sekerheid oor meeste van die dinge wat toe na ontmoontlike vrae gelyk het, en ek het meer selfvertrou to speak up about it. Ek het al soveel meer ervaar, soveel meer gesien, en by soveel meer plekke gewees. Ek het so baie mense ontmoed. (slegte ding van skool is dat die 1 000 kinders in jou skool is soortvan die hele gene pool waaruit jy jou vriende kan kies.) Soveel projekte aangepak, en soveel hoogtes bereik.

 

dankie tog ek raak 23 en nie 14 nie!

 

Maar dan natuurlik, die dag wat ek 28 slaan sal ek seker weer dink…I Pitty the 23-year old version of you…

 

Ouderdom. Ek sê jou, hy is ‘n snaaaaakse ding….

 

 

8 antwoorde op Ouderdom

  1. Toemaar mensie, ek is 30 jaar ouers as jy, en ek is nog steeds bang ek word eendag groot en volwasse…

  2. My pa het altyd op verjaarsdae gese: “Geluk, hou net so aan.”

  3. Ek het vermoed dat dit nie ‘n tendens is wat net ophou nie…Ai

  4. Snaaks hoe ek nog nooit die ouderdom gevrees het nie. Ek is so opgewonde oor ek oor ‘n maand 60 gaan wees, al voel ek nog soos ‘n kind.

    Jy skryf pragtig!

  5. TS het gesê op September 27, 2011

    ai dis waar maar in ‘n mens se kop hak jy vas by getal

  6. frandr het gesê op September 27, 2011

    Pragtig en positief. Ek is in ontkenning, kry net so af en toe ‘n allergrote skok as ek myself sien, soos vandag toe my rekenaar om die een of ander vreemde moedswil ‘n vinnige videobeeld van die uwe op die skerm gooi…ai tog…maar nouja, ten minste hoef ek nie die heeltyd teen daai ou gesig vas te kyk soos my arme kollegas nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.