Vinnige Vragie:

September 24, 2011 in Sonder kategorie

Ek weet ek klink nou seker vreeslik dom, maar ek kan na ses maande steeds nie klein kry hoe om ‘n foto op my blog te post nie! IEMAND!! help asb?

10 antwoorde op Vinnige Vragie:

  1. Maak jou blog oop by skep ‘n pos
    Kliek op die boompie derde van links bo aan die skerm
    Albums
    Browse
    My pictures
    Kies ‘n foto
    Upload files
    As die groen strepie onder begin laai, kan jy ontspan, maak ‘n koppie koffie of loop ‘n draai in die tuin. Ek speel sommer ‘n paar games solitair terwyl ek wag. Dit neem lank!

    Voorspoed.

    O, ja, ek kies altyd eers die foto en skryf die datum en nr van foto neer, voordat ek my blog oopmaak. Net om seker te maak jy kies die regte een.

  2. TS het gesê op September 25, 2011

    sien jy nie jou foto’s wat jy laai nie? Wonder hoekom nie?

  3. Ek doen, maar dis so klein en soms neem ek ‘n paar van dieselfde ding, dan moet ek mooi kyk vir die beste een.

  4. Ek het vergeet om te se dat as die foto in jou album is, dan druk jy insert, dan kry jy opsies van hoe groot die foto moet wees. Die groot een pas nie lekker hier nie, so ek kies gewoonlik medium.

  5. Ek laai eers die foto in my album in, kyk na hom en copy die URL.

    Dan die boompie ding as jy die pos skep, en plak die link in.

    Speel bietjie rond tot dit werk.

    🙂

  6. laat weet as jy steeds nie regkom nie

  7. Tanx almal…gaan dit probeer en laat weet! DANKIE!

  8. Ek sien jy is gehelp …

  9. O ja … nou wag ons vir ‘n foto of twee of drie …

  10. Ai..as ek ‘n album oplaai sê die blêrrie komper net vir my “internet can not display this website”

    watter bollie! maar ek gaan weer try…don’t you worry!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.