Dis net mis…

September 4, 2011 in Sonder kategorie

Ek lê gisteraand in die groot dubbel bed en dink aan toe jy ook daar gelê het. En toe besef ek, ek mis jou nog. Ek verlang nie regtig meer na jou nie, net mis…

Ek mis om met jou te gesels en diep binne my te lag oor hoe snaaks jy is. Nie noodwendig hoe snaaks die goed is wat jy sê nie, maar hoe snaaks jy IS.

Ek wil jou vertel van die kopstaan wat ek nou die dag moes maak op die skool se rugby veld vir my kiddie se entertainment, toe my top oor my kop sak en my wit lyfie en blou bra daar is vir die wêreld om te sien.

Ek wil jou vertel van my nuwe (selfs gayer) dosent, en van die ander een wat vir my gesê het as hy staigth was sou hy graag met die queen van england wou trou.

Ek wil jou vertel van hoe mooi die aroras in antartica is en hoe ek graag eendag soontoe sal wil gaan.

Ek wil jou vertel oor my blog, oor hoe lekker ek skryf, hoe ek nou kan sê wat ek dink, en hoe ek my eie sielkundige geword het. Ek wil jou  vertel van al die gawe vreemdelinge, en hul gedagtes, en ek wil van JOU denke hoor.

Ek wil jou vertel van Hendrik se meisie, en oor hoe clueless hy is as dit by verhoudings kom, en hoe baie ek lag en dink aan hoe baie min ouens actually weet oor wat meisies wil hê.

Ek wil jou vertel van hoe ek vandag die polo se sleutels verloor het, en toe die deli se sleutels in die deli toegesluit het.

Ek wil vir jou sê dat ek vandag vir Clara met die rekenaar gehelp het, en hoe ek actually nou iets oor die goed weet.Dankie!

Ek wil jou vertel dat ek gekaraoke het.

Ek wil jou vertel oor hoe mooi die maan lyk.

Ek wil jou vertel van hoe ek my speakers met my bra uitmekaar geskroef het.

Ek wil jou vertel dat ek dit mis om met jou te gesels. En hoe ek dit mis dat een van die mense wat vir my so goeie vriend geraak het nou net missing is. En ek wil jou vertel dat ek gelukkig is. Dat dit goed gaan met my. Maar dat ek jou mis. Nie verlang nie. Net mis…

5 antwoorde op Dis net mis…

  1. Mis is soms die ergste.

  2. TS het gesê op September 5, 2011

    sterkte

  3. zephur het gesê op September 5, 2011

    Mis…maar herinneringe help darem leemte vul…dit help bietjie

  4. ag ja wat…dis gelukkig nie meer verlang nie. Dis die ERGSTE. nou is dit net terug dink met heimwee. 🙂

  5. Panic het gesê op September 20, 2011

    Hierdie broer van jou klink baie snaaks

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.