Jy blaai in die argief vir 2011 Augustus.

Op soek na “nugter”, “hulle”, en myself

Augustus 3, 2011 in Sonder kategorie

Sjoe maar ek HET lanklaas geskryf. Dis oor ek nie weet waar om te begin nie. Dis oor ek nie meer lekker weet waar EK begin nie.

Die saak staan so: Mense klae gereeld dat hulle hulself moet soek. Dat hulle hulself erens langs die pad verloor het, en dat hulle nodig het om hulself weer van voor af te leer ken. Dan staan ek maar net en skud my kop en dink hulle soek nou net rede om iets te soek. Mens ken mos jouself? Ek weet ek doen!

Ek is die meisie met die blou oë

Ek is die meisie met die harde lag

Ek is die meisie in die geel kar

Ek is die meisie wat groot waarde heg aan eerlikheid en lojaliteit

Ek is die meisie wat WEET wat my waardes is.

Ek is die meisie met die groot boobs

Ek is die meisie wat altyd lag

Ek is die meisie wat altyd ‘n plan kan maak

Ek is die meisie met die rooi lipstick

Ek is die meisie wat die plakkerskamp verf

Ek is die meisie wat lief is vir kleremaak

ek is die meisie wat lief is vir kook

Ek is die meisie wat probeer kitaar speel

Ek is die meisie wat hou van skryf

Ek is die meisie met die die deurmekaar kamer

Ek is die meisie met die deurmakaar kar

Ek is die meisie met die deurmekaar kop

Ek is die meisie wat nog glo in God…

Dis wat ek gedink het in elk geval, maar nou weet ek nie meer so mooi nie…

Daarom is ek kwaad. Nugter weet vir wie. (Ek sal baie geld betaal om vir “nugter” wat alles weet, en vir “hulle” wat altyd IETS te sê het, te ontmoed) En ek is deurmekaar. My kamer, my kar, my lewe, my hart, my kop…alles lyk soos ‘n bakkie basaar poeding.

Daarom wat ek nie wil skryf nie. Dan is ek net een van “hulle” wat oor hul lewe moan en verby al die dinge kyk wat nie TE kak is nie. As mens dit dink, dan kan jy nog jouself flous en en sê, “môre voel jy weer anders” maar as jy dit eers geskryf het dan is dit waar.

So, Hiermee los ek dan denail agter en begin my journey om myself te gaan soek. ( do you get more corny?)

*Note to self…Ek is die meisie wat corny haat