Koffie

Augustus 17, 2011 in Sonder kategorie

Ek het groot geword in ‘n huis waar koffie niks te doen het met poeir in ‘n blikhouer nie. Vandat ek kan onthou staan my pa se purculator op die sstoof, en DIT alleen is koffie. Nie eers ‘n plunger is voldoende nie.

Dus, die dag toe ek uit die huis trek het ek nie eers probeer gewoond raak aan dit wat alleman as koffie sien nie. Ek besit nooit melk nie, en ook nie suiker nie. Defnintief ook nie ‘n geel blikkie vol poeier nie. Waneer gaste oorkom vra ek my huismaat of ek dalk vir hul van haar koffie mag maak.

Laasweek besluit ek toe vir die eerste keer in vyf jaar dat ek dalk moet begin om my eie koffie aan te hou. Ek koop toe ‘n klein geel blikkie, ‘n houer cremore (dit het gelukkig nie ‘n verval datum nie, en ‘n klein pakkie suiker.

Vanmidag crave ek toe. Ek skakel die ketel aan, gooi ‘n teelepel cremora, ‘n teelepel koffie, en ‘n teelepel suiker in ‘n beker. daarna voeg ek die kookwater by en dis toe wraggies so…koffie in ‘n kits. Ek gaan sit buite in ‘n son kolletjie, steek ‘n lang verlangde siggaret op. (mense sê altyd die twee gaan great saam) en neem ‘n sluk.

Ok, ek sal hieraan gewoond raak. Twee trekke, een sluk.ehhh…nog nie beter nie. Dalk as ek meer rook, proe dit beter.  Nog drie trekke, en nog ‘n sluk. dit proe nie beter nie. Ek proe net kookwater met ‘n na-smaak. Vies druk ek sommer die siggaret ook dood. Dan gaan ek binne toe, gooi die bruin mengsel in die drein af, en verlang na my pa.

6 antwoorde op Koffie

  1. zephur het gesê op Augustus 17, 2011

    Daar moer jy die koffie in die drein…moerkoffie

  2. Mens kan ontmoontlik koffie maak met poeier… Mens kort daai starbucks bone!

  3. Funnuy! ky gerus na idees vol vrees. Oulike woord speling wat die man beet het!http://www.facebook.com/groups/307234072153/?ref=ts#!/pages/Idees-Vol-Vrees/198196836874276

  4. Koop ‘n filter, en koffie, en gaan groot!

  5. zephur het gesê op Augustus 17, 2011

    Ek laaik Idees vol Vrees

  6. pbroere het gesê op Augustus 17, 2011

    ek drink ook eerder skoon water as kitskoffie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.