Om besig te wees beteken om ‘n slag van jouself te vergeet.

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

Sjoe…vanaand is die eerste keer in seker ‘n maand wat ek tien uur die aand by die huis om en geen meer werk het nie. Ek is moeg! Ek kla nie vanaand nie, ek noem net…

So baie dinge het die afgelope tyd gebeur! Eers is my werks ure per week amper verdubbel waarna my universiteits-werk die selfde opwaardse kurwe gevolg het.

Daarna hoor ek een van my skeppings is as een van 14 in die land gekies is vir ‘n groot kompetisie by SA Fashion week en erens in Oktober word ek op gevlieg na “daar bo” om hieraan te gaan deelneem en verder my lot te gaan hoor.

My sosiale lewe probeer ek so semi aan die gang hou en verder probeer ek elk van my geliefdes die aandag gee waaraan hul gewoond is terwyl die een persoonlike krisis na die ander op duik.

Erens weet ek moet ek iets na die “tweede prioriteits lysie” skyf, maar wat weet ek nog nie. Hoe kies ek tussen my mode-studies wat ek weet ek gebore is om te doen, en my werk in die plakkerskamp wat my siel lewend hou? Of tussen my werk wat my toelaat om beide bo-genoemde te kan beoefen, en my tyd saam met my familie en vriende? pak ek eers my kamer reg, of probeer my lewe georden hou met die kwart-blad dagboekie in my jean se sak? Sal ek die half-uur wat ek vandag af het aan my kitaar, podlode, blog, of rekenaar spandeer? (wat ‘n televisie is, het ek reeds vergeet)

Tog, dis lekker om so besig te wees. Ek vergeet om te veel te worry oor alles in my kop wat nie sin maak nie, en kry dit wat ek ek wel weet ek wil doen, erens in die 24 uur in my dag in geprop. My vel en hare lei dalk daaronder, maar dit doen my hart goed.

Een ding wat ek wel weet ek wil doen, is ek WIL die wêreld verander. Ek het nie nodig om die hele wêreld te verander nie, net een persoon se wêreld op ‘n slag. Het vandag weer die mooiste uitdrukking gehoor, en het dit dadelik op my bord geskryf waar ek notas maak oor dit wat vir my belangrik is. Dit gaan soos volg:

‘What we do for ourselves dies with us, what we do for others remains immortal’

Dis dan waarop ek die week wat voorlê gaan fokus. In my warrelwind lewe gaan ek my af-vra, “is jy besig om die sutsuasie beter te maak as wat dit was toe jy hier gekom het?”

Kom ons kyk hoe dit gaan!

4 antwoorde op Om besig te wees beteken om ‘n slag van jouself te vergeet.

  1. o ja…ek is nou oppad bed toe, so die spelling is tien teen een erger as gewoonlik. JAMMER!

  2. zephur het gesê op Augustus 18, 2011

    Ek is skoon moeg nou om te lees hoe besig jy is….hehehe

  3. My graad 5 juffrou het dit ook vir my geleer!

  4. Haha…dan sal ek maar liewer nie my dagboek blog nie! Dan sal almal moet begin koffie drink. Poeier, of moer. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.