Om reg te pak

Julie 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek besluit gister aand laat dat ek by my ma gaan kuier vir die naweek. Spring in “little miss sunshine” (dis nou my geel golfie) en vat die pad. Dis altyd lekker om in my ouer-huis te slaap. Terwyl my ma toe vanogend Stellenbosch toe is om by haar en my suster se coffee shop te gaan inloer, ry ek Goodwood toe vir hospice shopping. Voortrekker road bly darm ‘n interessante uitstappie, maak nie saak of jy erens oppad heen is of nie. Jy kan maar net om jou rond kyk en jy het jou daaglikse entertainment ontvang!

Wag…soos gewoonlik is ek van my punt af:

My ma besluit toe vanmidag dis die perfekte tyd om ons stoor reg te pak. My broertjie moet als op die grasperk uit pak, en dan moet ons almal sorteer wat ons sin is, weg gooi wat ons nooit weer gaan gebruik nie, en dit wat nog kosbaar is, netjies kan verpak sodat ons dit weer kan bêre. (In ‘n meer ordelike wyse natuurlik.)

Ek begin deur my goedjies gaan. Tussen die goed kom al my skilderye en ander kunsprojekte uit wat ek van graad tien tot twaalf geskep het. Van dit sal nooit weer in ‘n raam kan goed lyk nie, en vir die wat wel potensiaal het, kan ek in elk geval nie rame voor kan bekostig nie. Tog is dit so lekker om weer ‘n slag na hul te kyk. Ek onthou presies wat ek gevoel het toe ek elkeen geskilder het. Ek kan my emosies onthou wat ek gevoel het toe ek hul geverf het, en wie en wat verandwoordelik was vir hulle. Dis soos ‘n visuele dagboek, behalwe dat hul temas niks te make het met dit wat hul my aan herhinder nie. 

Na ek hul weer versigtig toe gedraai het, maak ek twee antieke koffers oop wat ek ook van uit ‘n vorige lewe erken. Dis soos om ‘n skatkis uit te haal.

Binne kry ek klein stukkies van herhinderinge. Daar lê ‘n romp wat AndrEE vir my gemaak het toe ons standerd 6 was. (jip, dit was toe nog standerd) Nogals met die hand, en uit waslappe wat ons een jaar by Hermanus se pepstores gekoop het. Skielik onthou ek nie net daardie dag nie, maar al die goeie herhinderinge wat ons saam op Hermanus gehad het. My eerste sigaret. Die naïewe soen by voëlklip strand met die 18-jarige vreemdeling. (ek het toe gedink hy is vreeslik oud) Ons partydjies saam met die Life-savers. AndrEE se vakansie romanse. (sy naam was Fabian en hy het ‘n piercing deur sy wengbrou gehad.) My groen beursie wat ek daar gekoop het. Die dag toe ons gekyk het of ek 4 pies kon eet. (Dit walg my as ek nou daaraan dink.) Ek hoor Blink 182 se “all the small things” steeds weergalm, en ek het ‘n behoefde om na Zoid se “meisie wat haar podlood kou” te luister.

Na ek die rompie terug gepak het, haar ek ‘n romp uit wat ek vir myself in 2004 gemaak het. Dis die romp wat my laat besluit het ek gaan mode-ontwerp studeer. Daar is meestal klere in die boks, want dis waaraan my herhinderinge bly kleef. waneer ek dit vashou gaan ek terug na die goei tyd wat ek daarin beleef het. Anders as met fotos is dit nie net my herhinderinge wat terug kom nie, maar dit is assof my hele lyf kan terug gaan in tyd. net vir ‘n sekonde. Ek haal die rok uit wat ek gedra het die aand wat ek Barry die eerste keer gesoen het. Hy was my groot universiteits liefde. Hoeka die een oor wie ek my tweede blog ooit geskryf het. Ek kry ‘n paar skoene en ‘n bra wat ek na my eerste Valantynsbal ooit gedra het. (einste aand wat ek die woord Melodramaties geleer het.)

Heel onder in die koffer kry ek my Matriek hemp. Ek lees weer al die boodskappe en almal klink tog amper dieselfde. Daar is briefies op geskryf van mense wie ek eerlik waar nie kan onthou nie. Daar is die sonder naam. Daar is brieffies wat belowe ons paadjies sal nooit skei nie. (Ek het natuurlik nog nie weer daardie mense gesien vandat ek skool verlaat het nie.)

Op my hemp se sak lees ek ‘n briefie- “Jy bly halfpad nommer een- mwha, Kleintjie”

Kleintjie is amper twee jaar terug oorlede in ‘n moter ongeluk. Net ‘n paar weke voor sy 21ste verjaarsdag.

Die ster student van ons jaar se note Lui: “Sterkte met die toekoms”. Short and sweet. Hy is ook al begrawe. Nie lank na ons laaste skool klok gelui het nie.

Mens vergeet van hierdie oomblikke en herhinderinge waneer jy dit toedraai en erens in ‘n stoor bêre. Jy gaan aan met jou lewe en maak nuwe planne, vriende, herhinderinge, en drome. So waarom dit bêre?

Vir dae soos hierdie. Waneer jy dit weer kan uitgrawe, kan verlang, en die memoirs kan eer. Sodat jy weer kan onthou van die mense wat so groot inpak op jou lewe gehad het dat hul VERDIEN om onthou te word. Sodat jy self kan notas maak oor wat van jou drome van toe geword het. Hoekom jy hul af geskryf het, en waarvoor jy hul opgeoffer het. Dit is sodat jy kan onthou wie jy was, en wie jy geword het.

Ek pak alles mooi terug, gooi bitter min weg, en bêre sommer die hempie wat ek vandag aan het ook daarin. Dit is my herhindering aan die dag wat ek onthou het. Sodat waneer ek weer die boks oopmaak, ek kan kyk na die meisie wat ek was in Julie 2011.

6 antwoorde op Om reg te pak

  1. TS het gesê op Julie 16, 2011

    lekker herinneringe

  2. avega het gesê op Julie 16, 2011

    Moet nooit weggooi nie, dit bly altyd lekker om terug te dink en hoe ouer jy word hoe meer onthou jy die goeie goed en vervaag die slegte. Ek het die dag wat almal hemde geteken het, skool gebunk. Is nou spyt 🙂

  3. loudavisi het gesê op Julie 16, 2011

    Nou is alles mooi netjies.
    So ‘n regpaksessie is altyd interessant.

  4. Uiters interessant…ongelukig vêr van netjies. Deur een kant reg te pak, krap ek altyd weer die ander kant om…

  5. Dit is waar! Dit vang my net hoe vinnig mens ouer raak! en ek het al gehoor dit gaan net vinniger.

    Ek dink dit is dalk die enigste dag wat ek nie gebunk het nie…:D

  6. Trakie het gesê op Julie 16, 2011

    Lekker om te onthou 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.