By die apteek.

Julie 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek en my huismaat ry gisteraand na die 24/h apteek hier om die draai van ons. Ek moet my ritalin voorskrif gaan optel.

Ek staan mooi in die ry en wag vir die apteker om my voorskrif op die sisteem te laai.

Sy gee my ‘n buzzer en sê hy sal afgaan as my voorskrif reg is.

Ek pas brille aan, bekyk die verskilende verpakkings en loer sommer vir al die ander mense.

My huismaat sê ek moet nie weer wag tot my pille al vir drie dae op is voor ek die nuwe klomp kom optel nie.

My buzzer gaan af.

Dis ‘n ander tannie agter die toonbank.

Ek glimlag groot en stap nader.

Sy kyk my effens skeef aan.

“Is hierdie voorskrif vir u kind?”

“ek is 22!” sê ek toe vir haar.

“So dis dan vir u?”

“jip”

Sy bars uit van die lag sodat almal in ‘n 5m radius vir ons kyk.

“Ons gee gewoonlik die voorskrif vir kinders.”

sy gee my verpakking en ek sê dankie.

Sy knik vir my, kyk dan na my huismaat en sê “sterkte!”

4 antwoorde op By die apteek.

  1. DapperMuis het gesê op Julie 15, 2011

    die simpel koei!! (ek sou dit vir haar gese het)

  2. zephur het gesê op Julie 15, 2011

    Hahahah jy moes vir haar gesê het jy het as kind dubbeldosis gedrink…jy is nou rustiger…sy kan bly wees anders het jy die apteek oorgeneem…

    Lekker naweek

  3. HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2011

    🙂

  4. Dit was VREESLIK. maar gelukig was my aandag gou genoeg weer daarvan af gelei! 😀

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.