As ons te min praat.

Julie 13, 2011 in Sonder kategorie

Mense waarsku my gereeld: “jy dra jou hart op jou mou. Passop” Ek praat as ek ongelukkig is. Ek sê as iets my onstel. Ek lig jou in as ek jou lief het, en ek laat hoor wat dit is aan jou wat ek so baie waardeur. Ja, ek loop ‘n risiko om verwerp te word, maar ek neem ook die kans om iemand anders gelukkig te maak.

Daar is so baie dinge wat ons voel wat ons net te bang is om daar buite te los. Waarom sal wie nou ook weet. Voel ons almal nie maar soms al die moontlike emosies nie? Hoekom is ons so skaam vir hul? Waarom is dit so ongemanierd om uitspatig hard te lag as jy gelukkig is? En hoekom kan ek nie vir iemand vertel as ek dink hulle is mooi nie? Is ons almal nie maar van aangetrokke tot ander mense nie?

Soortvan van my punt af. Die ding wat ons seker die meeste vergeet om te sê is dankie. Ons vergeet om vir mense dankie te sê dat hul ons lewens verreik. Ons neem aan mense weet net van die invloed wat hul op ons het. Die mense wat vir ons só wonderlik is, hoef dit seker nie te hoor nie, want hulle ís dan so wonderlik?

Al ooit daaraan gedink dat jy vir iemand wonderlik is? tog, is ek seker ons almal staan ook maar somige ogende op met die vraag wat ons nou regtig hier maak. Watter verskil maak ons regtig in die samelewing. 

Ek het vandag weer so dag. In my agterkop weet ek seker iemand erens se lewe sal bietjie leër wees sonder my, maar vandag voel ek waardeloos. So…hoe gaan ek dit aanpak?

Na ek hierdie gepos het gaan ek my selfoon uithaal en 5 mense sms wat ‘n verskil in my lewe maak. Net om dankie te sê. 

2 antwoorde op As ons te min praat.

  1. Dis waar. ons werk partykeer so hard daaraan om iets te wees terwyl dit soveel makliker en beter is om net jouself te wees!

  2. As jy tyd het om ‘n blog te lees wat jy duidelik nie kan verdra nie, dink jy nie jou opmerking is dan meer van pas op jouself nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.