“HULLE” sê…

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

Soms sê mense vir my ek dink te diep vir my ouderdom. Ek hoor ek moet relax, en net die lewe vat soos wat hy kom en laat gaan soos wat hy gaan en ophou om dit alles te ondleed. Ek is 22, sê hulle dan. lewe jou lewe terwyl jy jonk is. Gaan uit, gaan sien die wêreld, beproef alles, en behou die goeie.

Meeste van die tyd luister ek nie vir hulle nie, want tenspyte daarvan dat ek ‘n kunsinege mens is, hou ek daarvan dat die struktuur van my lewe, georden is. Ek het ‘n linker en regterbrein wat clash en perpanent besig is om te stoei vir dominansie.

Waneer mense vir my hierdie dinge sê dan dink ek gewoonlik prakties daaroor: Waarom iets beproef, as jy weet dit nie die goeie is nie. Hoekom sal mens iets probeer as jy voor jou siel weet dat dit net seerkry gaan inhou..? Tog soms:

Dan embrace ek my 22-jarige wese, luister na my regterbrein, beproef dinge wat ek weet nie deel vorm van die goeie nie, en vry in die bondel. So het ek dan ook gemaak ‘n maand of twee terug. Soos ek reeds vroeer vertel het, het ek hierdie twee kêrels by ‘n troue ontmoed. Ek was eers bly om te dink ek het twee nuwe vriende bygekry maar spoedig daarna ontdek hulle het ander planne. Ek ken hul skaars? vir watter een sê ek dan nou, Sorry, ek dink jou buddy lyk na ‘n beter opsie? Leer hul eers altwee beter ken, en solank die ander een nie daarvan weet nie, kry niemand mos seer nie. Dis mos nou my regterbrein wat dominant is.

 

In die agterkant het ek wel my Linker brein hoor praat. Hierdie kan net sleg uit draai. Iemand gaan seerkry en dis dalk net jy. Wees oop met hul altwee, hoe ongemaklik dan nou ookal, en wees net eers vriende met beide. Dan later as jy hul persoonlik beter ken, ‘n beter keuse kan maak. Maar nee, ek ignoreer my linker brein, begin hul altwee sien, maar nie ernstig genoeg sodat ek die ander een hoef uit te skakel nie. Ek hoop maar hul praat nie oor my nie, en dan kan ek mos my brood aan beide kante gebotter hê…

 

Detail is onnodig. Al wat ek hoef te sê is dat “hulle” onbekend bly vir ‘n rede. Want as ons ander mense ooit moet uitvind wie “hulle” regtig is, dan het ons hulle gaan bliksem. “Hulle” was toe verkeerd. Dit is inderdaar stupid om alles te gaan beproef en om in die bondel te vry. Maar hiermee sluit ek dan daai hoofstuk af. Ek wil nou geen Kêrel A of B of C meer date nie. Van nou af luister ek ook nie meer vir die regter OF linker brein nie. Net die REGTE brein.

2 antwoorde op “HULLE” sê…

  1. AltieBlog het gesê op Julie 11, 2011

    LoL! Love die deel waar jou brein stoei vi Dominasie!!!Classic. En ek dink jou REGTE brein het wys geword. x

  2. TS het gesê op Julie 12, 2011

    Sterkte met jou breingeveg…ek het gelukkig nie daai probleem my regter brein is stewig in beheer met sy talle blonde oomblikke, maar ek oorleef darem

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.